Nuus 07:00
BULLETIN 5 Junie 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Lindiwe Sisulu is nie ten gunste van ‘n ANC-DA-koalisie nie
# Die dodetal ná die Oos-Kaapse oorstromings styg tot tien
# En fietsry: Die Suid-Afrikaanse afrigter Shaun-Nick Bester word vir 15 jaar geskors
# Die ANC-veteraan Lindiwe Sisulu sê ‘n koalisie tussen die ANC en die DA sal die mense verraai wat vir die party gestem het. Die ANC moet ʼn koalisie-ooreenkoms aangaan of op een of ander manier ʼn magsdelingooreenkoms met ander politieke partye sluit. Dit volg nadat hy die eerste keer in die tyd ná apartheid sy meerderheid verloor het. Sisulu beweer dit kan moontlik soos mini-apartheid wees om saam met die DA te regeer. Sy sê partye soos die EFF, MK-party en IVP moet verenig.
# Die getal mense wat weens oorstromings in die Oos-Kaap dood is, het tot tien gestyg. Agt mense het in die Nelson Mandelabaai-metro gesterf en twee in die Buffalo City-metro. Meer as tweeduisend mense moes hul huise ontruim. Premier Oscar Mabuyane het die vloedgeteisterde gebiede gister besoek en sê hulle werk saam met die nasionale regering om moontlik ʼn ramptoestand te verklaar:
# Tshwane se burgemeester, Cilliers Brink, sê hulle wil finansieel herstel, aan mense waarde bied vir die geld wat hulle aan tariewe en belasting betaal en seker maak water en ligte bly aan. Die burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jacqui Uys, het gister die 2024/2025-begrotingsrede gelewer. ʼn Verhoging van 5,9-persent word voorgestel vir water en sanitasie, vyf-persent vir vullisverwydering en vyf-persent in eiendomsbelasting. Brink sê hulle wil seker maak die geld word optimaal gebruik:
# Die Verenigde Nasies sê terwyl vyandighede in die noorde en suide van Gaza, veral in Rafah, toeneem, het toestande rondom sekuriteit en toegang tot humanitêre hulp sedert Mei verder versleg. Tussen 31 Mei en 3 Junie is 195 Palestyne dood en 720 beseer. Die VN sê lidlande het sowat 18-miljoen-rand van die meer as 635-miljoen-rand wat nodig is, betaal om in noodsaaklike behoeftes van 2,3-miljoen mense in Gaza en 800-duisend in die Wes-oewer te voorsien.
# Fietsry: Die Suid-Afrikaanse fietsry-afrigter, Shaun-Nick Bester, is vir 15 jaar geskors vir seksuele gereedmaking asook die teistering en misbruik van twee tieners. Die 33-jarige Bester is verlede jaar deur Fietsry Suid-Afrika skuldig bevind en sy appèl is van die hand gewys deur ‘n onafhanklike paneel van die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee. KSA het Bester gekritiseer omdat hy versuim het om minderjariges te beskerm en verwys na verskeie voorvalle van onbehoorlike gedrag. Bester is ook ‘n lewenslange opgeskorte vonnis opgelê.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 23-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-988-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-331-dollar-3-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-51-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….