Nuus 07:00
BULLETIN 27 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen is vol vertroue die ANC gaan sy volstrekte meerderheid verloor
# Kiesers word gevra om seker te maak hoe werk die drie stembriewe
# En krieket: Die Wes-Indiese Eilande maak skoonskip in die T20-reeks teen Suid-Afrika
# Die DA-leier John Steenhuisen sê hy is vol vertroue die ANC gaan Woensdag sy volstrekte meerderheid wat hy dekades lank misbruik het, verloor. Meningspeilings voorspel die ANC gaan minder as 50-persent kry en sy meerderheid die eerste keer sedert hy in 1994 aan bewind gekom het, verloor. Steenhuisen het gister tydens die party se laaste verkiesingsaamtrek in Ekurhuleni, Gauteng, ondersteuners aangemoedig om ‘n beslissende oorwinning vir die party te verseker:
# Die IVP-president, Velenkosini Hlabisa, sê Suid-Afrikaners moet van Woensdag ʼn waterskeidingsoomblik maak en ʼn keerpunt weg van werkloosheid, misdaad, beurtkrag, korrupsie en swak dienslewering. Hy het ondersteuners gister by die party se laaste saamtrek in KwaZulu-Natal toegespreek. Dis die eerste verkiesing wat die IVP sonder die stigter, Mangosuthu Buthelezi, aanpak ná sy dood verlede jaar. Hlabisa sê sy party is gewillig om in die verkiesing as ʼn alternatiewe regering op te staan:
# Die Verkiesingskommissie maan kiesers om te onthou hulle kan net een merk per stembrief maak. Meer as een sal dit ‘n bedorwe stembrief maak en dit word nie getel nie. Die nasionale stembrief bestaan uit ‘n lys van partye vir 200 setels in die Nasionale Vergadering. Die streek- of provinsie-tot-nasionale stembrief het partye en onafhanklike kandidate wat om setels meeding wat vir elke provinsie reserveer is. Die OVK sê die provinsiale stembrief is uniek vir elke provinsie en sluit partye en onafhanklike kandidate in wat om setels in elke onderskeie provinsiale wetgewer meeding.
# Drie leerders is by ‘n skool in Petit, Ekurhuleni, is gearresteer vir die beweerde besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Lerato Monyane van die metropolisie sê beamptes is ingelig oor leerders wat Vrydag chaos by die skool veroorsaak het. Die beamptes het drie leerders tussen die ouderdomme van 14 en 16 in die skoolhoof se kantoor aangetref:
# Minstens 35 mense is dood toe Israel gister ʼn kamp vir ontwortelde mense in Rafah, Gaza, aangeval het. Dit volg nadat onderhandelinge oor ʼn skietstilstand tussen Israel en Hamas ʼn dooiepunt bereik het. Die Israelse weermag sê sy lugmag het ‘n Hamas-vesting getref en die operasie is uitgevoer met presisie-ammunisie en gebaseer op presiese intelligensie. ʼn Senior Hamas-amptenaar, Sami Abu Zuhri, beskryf die aanval as ʼn slagting en sê Amerika is verantwoordelik omdat hy Israel met geld en wapens bystaan.
# Krieket: Die Wes-Indiese Eilande het Suid-Afrika in die derde en laaste T20 met agt paaltjies verpletter om die reeks in Jamaika met drie-nul op te raap. Obed McCoy het drie paaltjies platgetrek terwyl die Windies die Proteas tot 163 vir sewe beperk het met Rassie van der Dussen wat ʼn vyftigtal behaal het. In reaksie daarop het Johnson Charles 69 gemoker en die Windies het hul teiken bereik met 37 balle wat oorbly. Suid-Afrika het sedert die laaste T20-wêreldbeker slegs twee van sy laaste elf voltooide wedstryde gewen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-41-sent teen die dollar, 19-rand-98-sent teen die euro en 23-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-221-dollar-61-sent. Die prys van goud is twee-duisend-339-dollar-95-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-29-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….