Nuus 07:00
BULLETIN 25 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SABC word met ‘n half-miljoen-rand beboet vir sy verbod op die DA se vlagbrand-advertensie
# Die Internasionale Geregshof beskou die humanitêre situasie in Rafah as rampspoedig
# En, rugby: Die Haaie vier Uitdaagbeker-glorie
# Die kommuniksiereguleerder Icasa het die SABC opdrag gegee om die omstrede DA-verkiesingsadvertensie waarin die Suid-Afrikaanse vlag verbrand word uit te saai. Icasa het die SABC ‘n boete van 500-duisend-rand opgelê vir die verbod op die advertensie weens die vooroordeel wat dit vir die DA veroorsaak het. Die reguleerder se klagte- en voldoendingskomitee het bevind die openbare uitsaaier se weiering om die advertensie uit te saai het geen regsgronde nie. Die SABC se argument dat die advertensie skade teen ‘n gekoesterde nasionale simbool aanmoedig, is verwerp.
# Die Internasionale Geregshof het die humanitêre situasie in Rafah as rampspoedig beskryf, met meer as 900-duisend Palestyne wat ontwortel is. Israel moet binne ‘n maand terugvoer gee oor maatreëls wat die hof beveel het, insluitend die opening van die Rafah-grens vir humanitêre hulp. Die hof se president, regter Nawaf Salam, het die uitspraak gelewer en sê die hof is nie oortuig Israel se ontruimingspogings is voldoende om die geweldige risiko vir Palestyne in Gaza te verlig nie:
Die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie sê in reaksie, die besluit om Israel se militêre operasie in Rafah te beëindig, is polities gemotiveerd en bevooroordeeld. Hulle voer aan hierdie besluit ondermyn Israel se pogings om meer as 100 gyselaars te red en om die voortgesette bedreiging van Hamas te beveg. Die woordvoerder van die federasie, Rolene Marks, kritiseer die Suid-Afrikaanse regering om die hof te gebruik om sy politieke agenda teen Israel te voer:
# Rugby: Die Haaie het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse span te word om ‘n Europese eindstryd wen. Die Durbanse span vier ‘n oorwinning van 36-22 teen Gloucester in Londen om die Uitdaagbeker hulle s’n te maak. Drieë deur Phepsi Buthelezi, Aphele Fassi en Makzole Mapimpi, saam met ‘n indrukwekkende 21-punte van Siya Masuku se skopskoen, het die Haaie gehelp om die titel in die Tottenham Hotspur-stadion te verower. Die sege is ‘n welkome blaaskans vir John Plumtree na ‘n baie swak seisoen waartydens die span deurentyd onderpresteer het.
# En ten slotte: Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, het tydens ‘n demokrasie-staptog in Soweto vertroue uitgespreek dat die party die verkiesing sal wen. Die geleentheid was deel van die party se verkiesingsveldtog terwyl kiesers Maandag en Dinsdag spesiale stemme uitbring, gevolg deur die hoof-stemdag Woensdag. Ramaphosa het ondersteuners in Vilakazi-straat aangemoedig om te stem, en beklemtoon die ANC se krag en teenwoordigheid in die gemeenskap:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….