Nuus 07:00
BULLETIN 24 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party sê Zuma bly die enigste leier van die party
# Die Africa Restoration Alliance wil diegene wat weier om te werk in die tronk stop
# En rugby: Erasmus sê die nuutste belyningskamp skep ‘n goeie toon vir die seisoen
# Die MK-party het bevestig Jacob Zuma is die party se enigste leier. Dit volg nadat Jabulani Khumalo, wat onlangs as MK-president verwyder en daarna geskors is, gesê het hy is die stigter en leier. Hy voer aan Zuma is slegs die openbare gesig en nie die ware leier van die party nie. MK sê hy ontken hierdie vals bewerings ten sterkste en beskryf dit as ‘n doelbewuste, swak poging om sy lede en ondersteuners landwyd in aanloop tot die verkiesing te ontmoedig.
# Die Africa Restoration Alliance vra tronkstraf vir burgers wat weier om te werk al is werksgeleenthede beskikbaar. Die ARA mik na ‘n miljoen stemme in die verkiesing en ding nasionaal en provinsiaal mee. Die partyleier Jerome Swartz sê hulle is toegewy aan ontwikkeling en die aanspreek van die krisis met werksgeleenthede. Swartz moedig kiesers aan om sy party te steun en beloof onafhanklike menings en werk-gefokusde oplossings om misdaad te bestry:
# Die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Minerale Bronne en Energie, Hilda Mhlongo, sê daar is te min vroue in die mynbousektor. Mhlongo het tydens die Enlit Africa 2024-konferensie in Kaapstad gepraat en die behoefte aan bemagtigingstrategieë beklemtoon. Sy het verwys na die vrouebemagtigingstrategie in die energiesektor en pogings om hindernisse aan te spreek en vroue se deelname te bevorder. Mhlongo het die voordele van gender-diversiteit beklemtoon en die belangrikheid daarvan vir innovering, inklusiewe groei en die aanspreek tradisionele geslagsrolle in die energiesektor.
# Section27 het die Hooggeregshof in Johannesburg se besluit dat die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling organisasies sonder winsoogmerk moet betaal, verwelkom. Die hof het die departement opdrag gegee om die aansoeke wat hierdie organisasies in November ingedien het, teen vandag af te handel. Hy moet ook teen die einde van die maand organisasies betaal wat reeds hul diensvlakooreenkomste onderteken het. Section27 se woordvoerder, Pearl Nicodemus, sê dis ʼn groot oorwinning vir organisasies sonder winsoogmerk en hulle begunstigdes:
# In die lig van Rusland se oorlog teen Oekraïne het 72-persent van die Europese Unie se burgers gesê hulle ondersteun ekonomiese sanksies teen die Russiese regering, maatskappye en individue. Die Europese Kommissie het sy jongste barometer oor ʼn reeks onderwerpe vrygestel. Dit word gereeld gedoen om die openbare opinie in Europa te monitor. Agt-en-sewentig-persent stem saam dat humanitêre ondersteuning gegee word aan mense wat deur die oorlog geraak word. Intussen is 77-persent Europeërs ten gunste van ʼn gemeenskaplike verdediging- en sekerheidsbeleid tussen EU-lande.
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is tevrede met die grondslag wat by die nasionale span se tweede belyningskamp in Kaapstad gelê is. Die eerste belyningskamp was in Maart, en die tweede wat deur 38 spelers bygewoon is, is die naweek aangebied. Die Bokke skop hul 2024 internasionale seisoen op 22 Junie af teen Wallis. Erasmus sê die kamp was uiters waardevol om die spelers bloot te stel aan gedetailleerde aspekte van die spel wat hierdie seisoen ingestel sal word:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-98-sent teen die euro en 23-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-635-dollar-89-sent. Die prys van goud is twee-duisend-329-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 81-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….