Nuus 07:00
BULLETIN 18 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor sterk steun vir die ANC
# Die DA striem die regering se stadige reaksie op die bek-en-klouseer-uitbreking in ‘n sleutel-beesvleis-vervaardigingstreek
# En, krieket: Pooran gee die toon aan met die Lucknow Super Giants wat die Mumbai Indians klop in die in IPL
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa is vol vertroue oor die steun vir die party in die verkiesing van 29 Mei. Ondanks vooruitskattings van steun wat afneem, sê Ramaphosa die ANC staan steeds sterk. Hy het tydens ‘n veldtog in Greytown, KwaZulu-Natal, aan ondersteuners gesê hy is seker die party se aanhangers sal in groot getalle opdaag en seker maak van ‘n beslissende oorwinning:
In nóg verkiesingsnuus, sê die Verkiesingskommissie, die spesiale stemmery oorsee by nege Suid-Afrikaanse missies het flink afgeskop. Spesiale stemme is uitgebring in Algiers, Amman, Kaïro, Damaskus, Jeddah, Koeweit-stad, Ramallah Riyadh en Tehran. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het sy dank uitgespreek teenoor die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking asook die Departement van Binnelandse Sake vir hulle ondersteuning. Die stemmery word vandag by 102 missies voortgesit, insluitende twee dae in Londen as gevolg van ‘n groot kieserbevolking. Verlengde stem-ure is ook gereël vir Washington DC en New York.
# Die DA sê die Departement van Landbou is traag om te reageer op die bek-en-klouseer-uitbreking in die Oos-Kaap, ‘n sleutel-beesvleis-vervaardigingstreek waar hoë werkloosheid ‘n probleem is. Die party sê ondanks die feit dat die siekte onder staatsbeheer val, is maatreëls wat deur plaaslike landbouliggame voorgestel is om dierebeweging te beheer, afgewys. Die DA -lid, Noko Masipa, sê die stadige reaksie bedreig die streek se ekonomie, wat baie afhanklik is van beesvleisproduksie en hoë werkloosheid in die gesig staar:
# Krieket: Nicholas Pooran het gisteraand in Mumbai uitgeblink met ‘n indrukwekkende 50-tal, om Lucknow Super Giants te help om Mumbai Indians met 18 lopies te klop in hulle Indiese Premierligawedstryd. Die Super Giants, wat eerste gekolf het, het 214-vir-ses aangeteken, en toe die gashere beperk tot 196-vir-ses. Die uitslag laat Mumbai Indians heel laaste eindig in die 2024-seisoen van die IPL. Lucknow het hulle veldtog in die sesde posisie op die punteleer afgesluit.
# En, Suid-Afrika se Grammy-wenner, Tyla, is vir vier BET-toekennings benoem, dieselfde aantal as Beyonce. Haar benoemings sluit in Beste Vroulike R-en-B-kunstenaar/Popkunstenaar, Beste Nuwe Kunstenaar, Kykerskeuse en Beste Internasionale Optrede. Mede-Suid-Afrikaners Makhadzi en Focalistic is ook benoem. Ander sterre uit Afrika wat benoem is sluit in Burna Boy, Tems, en Davido. Die BET-toekennings vereer swart kunstenaars in musiek, rolprente, sport en filantropie en vind op 30 Junie in Los Angeles plaas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….