Nuus 07:00
BULLETIN 16 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA beskuldig Ramaphosa daarvan dat hy die doodsertifikaat vir die land se gesondheidstelsel onderteken
# Biden en Trump stem in tot twee presidensiële debatte op televisie
# En Atletiek: Caster Semenya hoop die hof sal in haar guns beslis
# Die DA veroordeel president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering, en beskuldig die ANC van die verwaarlosing van die mislukte gesondheidsorgstelsel. Hy voer aan die wet is ‘n verkiesingsinstrument, sonder die nodige belegging en infrastruktuur vir doeltreffende gesondheidsorg. Van die kritiek sluit in, kommer oor korrupsie, befondsing, gebrekkige parlementêre prosesse en grondwetlike oortredings. Die DA-lid, Siviwe Gwarube, het beloof om die skema op alle wetlike maniere uit te daag om die regte van alle burgers te beskerm:
Build One South Africa oorweeg intussen regsoptrede om die instelling van die NGV uit te daag. Hulle voer aan die NGV is onbekostigbaar en sal nie die land se gesondheidsorgdiens regmaak nie. Die party stel alternatiewe oplossings voor, soos die ouditering van hospitale, befondsing van beurse vir gesondheidsorgstudente, en die verbetering van gesondheidsorg-infrastruktuur. Die leier van BOSA Mmusi Maimane kritiseer die ANC vir die prioritisering van regsgedinge bo gesondheidsorg:
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het dit verwelkom dat die Valke vier mense in die Oos-Kaap in hegtenis geneem het wat na bewering die Tydelike Werkgewer/Werknemer-verligtingskema bedrieg het. Hulle het glo onregmatig en valslik voordele ontvang wat hulle nie toekom nie. Een van die verdagtes het 216-duisend-905-rand aan betalings ontvang. Die Werkloosheidversekeringsfonds het nege betalings van sowat 139-miljoen-rand gemaak aan maatskappye wat met die ander drie verdagtes verbind word. Die ondersoekeenheid sê almal is tans uit op borgtog.
# Die Amerikaanse president Joe Biden en oudpresident Donald Trump het ingestem om aan twee presidensiële debatte op televisie deel te neem in aanloop tot die verkiesing in November. Die eerste word op 27 Junie op CNN uitgesaai en die tweede op 10 September op ABC. Minstens 73-miljoen Amerikaners het in 2020 na die eerste debat tussen die twee gekyk. Biden sê hy is gereed vir die debatte terwyl Trump sê Biden is die swakste redenaar teen wie hy in sy lewe gedebatteer het.
# Atletiek: Die tweemalige Olimpiese kampioen, Caster Semenya, sê sy hoop die Europese Menseregtehof sal in haar guns beslis. Die hof het gister die 32-jarige atleet se saak aangehoor waarin sy die vereiste dat sy haar testosteroonvlakke moet verlaag om mee te ding, uitdaag. Sy is met verskille in seksuele ontwikkeling gebore en mag nie aan vroue se baan-items deelneem as sy nie middels neem om haar testosteroonvlakke te verlaag nie. Semenya sê sy veg vir wat reg is:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-29-sent teen die dollar, 19-rand-91-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-108-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-388-dollar-54-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-6-sent per vat.
# En om mee af te sluit: Qatar Airways het ‘n belegging in ‘n lugredery in Suider-Afrika wat nog nie aangekondig is nie, bevestig, en sê hy wil sy voetspoor op die vasteland uitbrei. Die uitvoerende hoof, Badr al-Meer, het op Katar se Ekonomiese Forum gesê hulle rond ‘n aandelebelegging in die maatskappy af. Hy sê twee of drie lugrederye word oorweeg. Qatar Airways, wat in staatsbesit is, bedien reeds meer as 170 internasionale bestemmings, waaronder 31 in Afrika, en Al-Meer sê die suidelike deel van die vasteland is die laaste toevoeging.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….