Nuus 07:00
BULLETIN 15 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# AfriForum is gekant teen die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering
# Die Parlement se komitee oor Basiese Onderwys kyk na die wysigings aan die Bela-wetsontwerp
# En die VN is bekommerd oor die uitwerking van verskerpte Russiese aanvalle op burgerlikes
# Die burgerregte-organisasie, AfriForum, kritiseer president Cyril Ramaphosa se haas om die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering deur te voer en beskryf dit as ongrondwetlik en ondeurdag. Veldtogbeampte Louis Boshoff bevestig AfriForum is bereid om die implementering van die wet in die hof uit te daag en noem vrese oor die moontlike skade aan die welstand van Suid-Afrikaners. Hy verwys na verskeie kwessies, insluitende die uitwerking van die wetsontwerp op die regte van gesondheidswerkers en dat dit inbreuk maak op private gesondheidsorg:
# Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering het die regering versoek om die identifisering en ondersteuningsproses vir behoeftige huishoudings ten opsigte van ná-verkiesing-elektrisiteit op te knap. Die hoof van Energie, Nhlanhla Ngidi, het tydens ‘n rondetafelgesprek oor Suid-Afrika se elektrifiseringsprogram, die noodsaaklikheid beklemtoon om die gratis grootte van basiese elektrisiteitstoewysing en verspreidingsmetodes te heroorweeg. Ngidi beklemtoon die verouderde registers lei tot onbedoelde begunstigdes en inkomsteverlies as gevolg van meter-omseiling. Hy beklemtoon die beleid is goedbedoeld maar vra ‘n omvattende hersiening.
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys oorweeg en aanvaar vandag wysigings wat die Nasionale Raad van Provinsies aan die Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette gemaak het. Die wetsontwerp verander dele van die Suid-Afrikaanse Skolewet van 1996 in reaksie op administratiewe en beheerprobleme by skole, en om die onderwysstelsel as geheel te verander. Partye wat teen die wetsontwerp gekant is, sê dit sal onderwys in die land beskadig en ouers hul regte oor hul kinders se toekoms ontneem.
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande, het sy verbintenis herhaal om saam met die Universiteit van Fort Hare se raad te werk om seker te maak skoon bestuur by die instelling word herstel. Die universiteit is geteister deur moorde, pogings tot moord op senior bestuurders, korrupsie en bedrog. Altesaam 25 mense is gearresteer vir misdade wat volgens berigte verband hou met ‘n tenderkorrupsie-sindikaat. Nzimande sê die universiteit se trotse geskiedenis moet beskerm word.
# Die Verenigde Nasies se Menseregtekomitee sê hy is diep bekommerd oor die lot van burgerlikes in Oekraïne, veral in die Kharkiv-streek. Dit volg nadat Russiese gewapende magte die afgelope dae hulle aanvalle verskerp het. Liz Throssell van die VN sê sedert Russiese magte se jongste inval Vrydag, het minstens sesduisend mense vermoedelik gevlug of grensgebiede ontruim:
# Rugby: Die Bulle is derde op die punteleer van die Verenigde Rugbykampioenskap en op koers om ‘n kwarteindstryd aan te bied. Hulle het nog twee wedstryde oor om hulle posisie te bevestig en hopelik selfs op te skuif. Die Bulle speel Saterdag op Loftus teen die Italiaanse span Benetton voor hulle na Durban reis om die Haaie te pak voor die uitklopronde aanbreek. Die stut Wilco Louw sê die Bulle moet hulle fokus behou om Benetton te klop:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-38-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-14-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-784-dollar-60-sent. Die prys van goud is twee-duisend-356-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-85-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….