Nuus 07:00
BULLETIN 11 Mei 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Suid-Afrika eis die Internasionale Geregshof moet Israel uit Rafah sit
# Die Wes-Kaapse premier verseker ‘n deeglike ondersoek na die ineenstorting van George-gebou
# En, rugby: Die Stormers kry ‘n bonuspunt in sy VRK-sege teen die Dragons
# Suid-Afrika het ‘n nuwe aansoek by die Internasionale Geregshof ingedien vir ‘n bevel teen Israel om sy offensief in Rafah in Gaza te stop. Hy sê die hof se huidige noodmaatreëls is nie meer voldoende nie, want die aanval op Rafah “is nie net ‘n eskalasie nie” maar dit hou ook uiterste gevaar in vir die lewering van voorrade en dienste, en ” vir die blote oorlewing van die Palestyne as ‘n groep”. Volgens Suid-Afrika is daar “bewyse van ontruimingsones wat as uitwissingsones” hanteer word en Israel is besig om ‘n “moordlyste” op te stel.
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die versekering gegee die openbare ondersoeke na die ineenstorting van die veelverdiepinggebou in George sal deeglik wees. Hy het die pogings van noodspanne en vrywilligers geprys, en erken dis ‘n ingewikkelde operasie. Byna 700 personeellede is betrokke by die soek- en reddingspogings en swaar masjinerie word gebruik om die puin versigtig te verwyder. Winde sê die operasie sal voortduur totdat almal gevind is. Hy sê die slagoffers en hul gesinne bly die heel belangrikste:
In die Oos-Kaap is vyf mense dood nadat ‘n winkelmuur in Ngcobo ineengestort het. Dertien beseerdes is na die All Saints-hospitaal geneem. Volgens die Departement van Gesondheid in die Oos-Kaap sit nooddienste en reddingspanne hulle soek-en-reddingspogings voort. Die departement het intussen sy innige meegevoel betuig met die gesinne van die slagoffers.
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die korrupsiesaak teen die voormalige Transnet-hoofbestuurders, Brian Molefe, Anoj Singh en ander tot 11 Oktober 2024 uitgestel. Hulle word ook aangekla van oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur en bedrog in verband met ‘n lokomotieftender. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Henry Mamothame, sê die staat het beswaar aangeteken omdat ‘n voormalige NVG-hoof een beskuldigde verteenwoordig. Volgens hom is die doel om diegene wat verantwoordelik is aanspreeklik te hou:
# En, rugby: Angelo Davids en Sacha Feinberg-Mngomezulu het elk twee drieë gedruk om die Stormers gisteraand in Newport tot ‘n bonuspunt-oorwinning te lei in die Verenigde Rugby-kampioenskap teen die Walliese span, Dragons. Met die 44-21-oorwinning behou die Stormers hulle vyfde plek op die punteleer. Daar is nou net een punt tussen hulle en die Bulle wat vierde is. Hulle kom vanmiddag in Pretoria teen die voorlopers, Glasgow Warriors te staan. Daarna pak die Haaie vir Benetton in Durban en vanaand is dit die Leeus teen Cardiff op Ellispark.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….