Nuus 07:00
BULLETIN 8 Augustus 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# NATJOINTS belowe geen verdraagsaamheid teenoor politieke geweld voor die verkiesing nie
# Die verkiesingsgedragskode is nou van krag, met ‘n bykomende kode teen waninligting wat binnekort volg
# En rugby, die All Blacks moes werk hard om uiteindelik die vurige Stormers te oorwin
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê diegene verantwoordelik vir polities gemotiveerde moorde sal opgespoor en voor die reg gebring word voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. NATJOINTS se medevoorsitter, Tebello Mosikili, het aan die media gesê die taakspan vir politieke moorde ondersoek steeds aktief onlangse sake en is daartoe verbind om ‘n veilige en vreedsame verkiesingsomgewing te verseker. Mosikili het bygevoeg daar is geen regverdiging om mense se lewens te neem weens politieke verskille of onverdraagsaamheid nie:
Die Verkiesingskommissie het intussen gesê die gedragskode vir die verkiesing is nou van krag, wat die reëls bevestig vir politieke partye, kandidate en ondersteuners om vrye, regverdige en vreedsame verkiesings te bevorder. Die kommissie het ook verklaar daar is geen plek vir intimidasie of wetteloosheid voor die verkiesing nie. Die voorsitter van die OVK, Mosotho Moepya, sê ‘n bykomende kode om waninligting te bestry sal binnekort ingestel word om die integriteit van die verkiesingsproses te beskerm:
# Die waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n beroep op inwoners van Reigerpark aan die Oos-Rand in Gauteng gedoen om ondersoekbeamptes te help om die persone te identifiseer wat verantwoordelik is vir die moord op twee lede van die Teen-Bende-eenheid. Die nasionale Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê gespesialiseerde polisie-eenhede is ontplooi om die verdagtes op te spoor en vra mense met inligting om na vore te kom. Sy het die noodsaaklikheid van gemeenskapsamewerking beklemtoon om die oortreders te arresteer en geregtigheid te verseker:
# Die Stad Kaapstad sê inwoners moet steeds water bespaar al het damvlakke tot 78-persent gestyg. Die stad waarsku huidige voorrade moet deur die hoë-aanvraag somermaande en tot volgende jaar hou, aangesien reënval onvoorspelbaar bly. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê waterverbruik is tans laer as die stad se winterteiken, terwyl 570-miljoen-rand hierdie finansiële jaar belê word in projekte soos ontsouting, grondwaterontwikkeling en waterhergebruik om langtermyn watersekerheid te versterk.
# Spanje het gedreig met vergeldingsmaatreëls teen Italië indien Rome nie tydelike grensbeheer teen Sondag ophef nie. Italië het kontroles op reisigers uit Spanje heringestel na die onlangse massa-migrantetoestroming na die Spaanse enklawe van Ceuta. Madrid sê die beheermaatreëls is ongeregverdig, diskriminerend en strydig met die beginsels van die Europese Unie, en voer aan die migrante kan nie vrylik die Schengen-sone uit Ceuta binnegaan nie. Die geskil het spanning tussen die twee lande oor migrasiebeleid verdiep, met Spanje wat Italië daarvan beskuldig dat hy oorreageer op die grenskrisis en eis die beperkings moet verwyder word.
# En rugby: Die Stormers het gisteraand in ‘n volgepakte Kaapstad-stadion moedig teruggeveg teen die All Blacks in die openingswedstryd van die Rugby’s Great Rivalry-toer maar uiteindelik die kragmeting met 38-21 verloor. Die rustydtelling was 14-7 in die besoekers se guns. Die Stormers kon hul man staan in die vaste fasette van die spel, maar uiteindelik stoom verloor teen ‘n meedoënlose Nieu-Seeland-span wat ses drieë teenoor die Stormers se drie gedruk het. Die All Blacks se volgende wedstryd is Dinsdag teen die Haaie in Durban.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….