Nuus 07:00
BULLETIN 7 November 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK sê 91% van die uitslae vir die 2026-plaaslikeregeringsverkiesing is reeds voltooi
# Nuuskantore in Brittanje, Ierland en Bulgarye ontvang vals bomdreigemente
# En rugby, Italië se afrigter verwelkom die geleentheid om teen die Bokke se sterkste span in die Nasieskampioenskap te speel
# Die Verkiesingskommissie sê hy het aansienlike vordering gemaak met die finalisering van die uitslae van die plaaslikeregeringsverkiesing, met 91-persent van die uitslae landwyd afgehandel. Die adjunkhoofverkiesingsbeampte van die IEC, Masego Shiburi, sê die Kommissie moet altesaam 66-duisend-73 uitslagstrokies van 23-duisend- 696 stemlokale regoor die land verwerk. Hy sê 150 van die 213 munisipaliteite, die 44 distriksrade uitgesluit, het tot dusver volledige uitslae aangeteken. Shiburi sê alle munisipaliteite in die Noord-Kaap het hul uitslae gefinaliseer:
Die leier van die Afrika Mayibuye Movement, Floyd Shivambu, sê intussen hy is tevrede met die party se nasionale teenwoordigheid nadat hy aan sy eerste plaaslikeregeringsverkiesing deelgeneem het. Shivambu het gesê hoewel die party nie die top-tien op die nasionale uitslaglys gehaal het nie, het hy daarin geslaag om ondanks beperkte hulpbronne ‘n teenwoordigheid landwyd te vestig. Hy het ook kritiek uitgespreek teen die EFF en aangevoer die party het verskeie musiekfeeste gehou, maar steeds nie daarin geslaag het om meer as sewe-persent van die stemme te kry nie:
# Nuuskantore in Ierland en Bulgarye, onder meer Sky News in Brittanje, het Vrydag e-posbomdreigemente van ‘n sogenaamde “Mikhail Andropov” ontvang. Hy het verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n toenemende vlaag fopdreigemente wat ook passasiersvlugte regoor Europa ontwrig het. Die boodskappe is na Bulgarye se Nova TV en die Ierse openbare uitsaaier RTE gestuur, wat sy kantore ontruim en programmering opgeskort het. Die e-posse onder die opskrif “Boodskap aan die Weste” beskryf die dreigemente as die voorspel tot ‘n reeks aanvalle op vervoermiddels regoor Europa. Polisie-ondersoeke na die voorvalle duur voort.
# Rugby: Die Italiaanse afrigter, Gonzalo Quesada, verwelkom die Springbokke se besluit om hul sterkste beskikbare spelers te kies vir Saterdag se Nasieskampioenskap-kragmeting in Turyn, en sê dis ‘n teken van respek. Quesada sê hy is trots Rassie Erasmus het sy beste span gekies, al moet hulle volgende week teen Frankryk speel. Die besluit het egter Italië se voorbereidingstyd verkort. Die gasheer sukkel ook met ‘n lang lys beserings, maar Quesada sê die wedstryd bied ‘n geleentheid om nuwe spelers te toets met die oog op volgende jaar se Rugbywêreldbeker. Die afskop is vanmiddag om twintig voor twee.
En, die voormalige Springbokke Jongi Nokwe en Keegan Daniel, asook verskeie provinsiale spelers wat uitgetree het, is onder die 48 afrigters wat genooi is om later hierdie maand aan die Wêreldrugby-vlak 3-afrigtingskursusse in Pretoria en Kaapstad deel te neem. SA Rugby se senior bestuurder vir opleiding en onderwys, Hilton Adonis, het verduidelik alle aspekte van die spel sal gedek word, insluitend wedstryd- en spelerontleding, spelersevaluering en spankeuse, spelpatrone, die ontwikkeling van spelplanne en taktiek, oorwegings rakende spelerswelsyn, die ontwikkeling van oefensessies, en die bestuur van afrigtingspanne.
# Om mee af te sluit, die Stad Tshwane waarsku inwoners van Rethabiseng, Bronkhorstspruit, om nie water te drink of te gebruik wat uit die natuurlike fontein by die Rethabiseng Sosiaal-Geïntegreerde Sentrum kom nie. Toetse het getoon die water is onveilig vir menslike gebruik en kan kieme bevat wat diarree, maagkrampe, naarheid en braking veroorsaak. Inwoners word dringend versoek om nie die water te drink nie, kos te maak of voedsel te was nie, en om slegs veilige water uit goedgekeurde bronne te gebruik.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….