Nuus 07:00
BULLETIN 9 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi onthul sy Veiligheid- en Sekerheidsplan in aanloop tot die verkiesing
# President Ramaphosa betuig sy medelye met Mosambiek na die veerboot-ramp
# En, die regering stel Nasionale Vryheidsmaand bekend ter viering van 30 jaar van demokrasie
# RISE Mzansi het sy volledige veiligheid- en sekerheidsplan onthul, wat fokus op die kernbeleidgebied van mense veilig hou en geregtigheid herstel, soos uiteengesit in die People’s Manifesto. Die nasionale kommunikasiedirekteur van die party, Mabine Seabe, sê RISE Mzansi stel ‘n holistiese benadering voor om misdaad, én die oorsake daarvan, te bestry. Die party wil geregtigheid herstel met veelfasettige ingrepe:
# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het vyf permanente poste geadverteer, insluitend dié van hoof uitvoerende beampte. Dit volg op die ineenstorting van die Takatso-konsortiumtransaksie verlede maand. Die ander poste is dié van kommersiële hoof, menslike hulpbronhoof, tegniese uitvoerende hoof en Air Chefs se uitvoerende hoof. Die tussentydse raadsvoorsitter, Derek Hanekom, sê die vulling van dié poste is ‘n positiewe stap om organisatoriese bestendigheid te verskaf, en dui op die groei- en uitbreidingsplanne wat tans gevolg word.
# Die Spesiale Ondersoekeenheid het goedkeuring ontvang om bewerings van ernstige wan-administrasie te ondersoek in die Tokologo-munisipaliteit in die Vrystaat en die Sol Plaatje-munisipaliteit in die Noord-Kaap. Die proklamasie wat deur president Cyril Ramaphosa onderteken is, magtig die eenheid om ondersoek in te stel na straatlig- en elektrifiseringsprojekte by beide munisipaliteite. Die eenheid sê hy sal oortredings wat tydens die ondersoeke aan die lig kom, na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys.
# President Cyril Ramaphosa het sy meegevoel betuig met die regering en mense van Mosambiek, ná die veerboot-ramp. Meer as 90 mense is dood toe ‘n veerboot waarmee hulle vanaf Lunga gevaar het, aan die noordkus van Mosambiek gesink het. Daar was 12 oorlewendes uit die sowat 130 mense wat na bewering aan boord was. Ramaphosa sê hy wens die owerhede sterkte toe met die soektog ná en herwinning van vermiste persone.
# Gholf: Die Meesterskampioen, Jon Rahm meen sy winsgewende oorskakeling na die Saoedi-gesteunde LIV-gholfliga kan ‘n keerpunt wees. Die voormalige wêreld-nommereen het dié seisoen vier uit sy vyf toernooie vir LIV onder die top-agt geëindig. In ‘n onderhoud met BBC Sport, sê Rahm, LIV het die vermoë om die diens van byna enige vooraanstaande speler te verkry:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-62-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-57-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-461-dollar-44-sent. Die prys van goud is twee-duisend-341-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 90-dollar-64-sent per vat.
# En ten slotte: Die Nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur Nasionale gaan vandag Vryheidsmaand by die Vryheidspark en Museum-amfiteater in Pretoria bekendstel. Met die tema, 30 jaar van Demokrasie, Vennootskap en Groei, sal die geleentheid die bekendstelling wees van die amptelike logo asook ’n oorsig van die geleenthede in April. ’n Nasionale dialoog word ook aangebied om die suksesse en uitdagings van Suid-Afrika se demokrasie en vryheid die afgelope drie dekades te bespreek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….