Nuus 07:00
BULLETIN 4 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Opposisiepartye verwelkom Mapisa-Nqakula se bedanking en sê sy het geen ander keuse gehad nie
# Die Wêreldbank sê die Midde-Ooste-konflik het skade van R350-miljard in Gaza aangerig
# En krieket: Sri Lanka se vroue behaal ‘n geskiedkundige T20-reeksoorwinning teen Suid-Afrika
# Die EFF sê dit is duidelik dat die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula se bedanking die gevolg is van toenemende druk en openbare blootstelling. Haar bedanking kom enkele dae nadat sy ‘n hofaansoek verloor het om haar arrestasie af te weer. Sy word ondersoek vir beweerde gunslone uit tenders toe sy die minister van Verdediging was. Die EFF sê hy beskou Mapisa-Nqakula se bedanking as ‘n stap om die aanspreeklikheid en deursigtigheid van die Parlement te herstel.
Intussen sê die Vryheidsfront Plus die bedanking van Mapisa-Nqakula, word baie verwelkom. Sy staar korrupsiebewerings van altesaam 4,55-miljoen-rand in die gesig, wat terugdateer na haar dae as minister van Verdediging. Die VF Plus-leier, Pieter Groenewald, sê Mapisa-Nqakula het geen ander keuse gehad as om te bedank nie, in haar versuim om die waardigheid van die Parlement te beskerm:
# Die LUR vir Onderwys in Gauteng Matome Chiloane sal vandag die onafhanklike ondersoekverslag deel met die familie van ‘n graad sewe-leerder, Latoya Temilton, wat tragies verdrink het. Latoya, van Laerskool Queenswood in Tshwane, is in Januarie tydens ‘n skoolleierskapskamp dood, toe sy na bewering sonder toesig geswem het. Die woordvoerder van die department, Steve Mabona sê ‘n regsfirma is opdrag gegee om die voorval te ondersoek:
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie in die Wes-Kaap het die instelling van kostebeperkende maatreëls deur die provinsiale Departement van Onderwys gekritiseer. Te wyte aan nasionale begrotingsbesnoeiings het die departement aan die einde van verlede jaar ‘n knou van 716,4-miljoen-rand in sy begroting gekry. Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê dit het hulle gedwing om kostebeperkingsmaatreëls in te stel, insluitend om minder skole te bou en minder aflosonderwysers aan te stel. Sadou sê dié maatreëls sal arm werkersklasskole, wat nie kan bekostig om bykomende personeel in diens te neem nie, baie negatief raak.
# Die Wêreldbank beraam die konflik in die Midde-Ooste het kritieke infrastruktuur in Gaza 350-miljard-rand se skade berokken. Die streek loop deur onder aanvalle sedert Oktober verlede jaar, na Hamas se aanval op Israel, wat gelei het tot meer as ‘n duisend sterfgevalle en die ontvoering van 200 Israelse burgers deur die groep. Israel spits sy aanvalle toe op Gaza, en glo Hamas-lede skuil daar. Die Wêreldbank berig die uitgebreide infrastruktuurskade in Gaza het ‘n aansienlike uitwerking op alle sektore van die ekonomie.
# Krieket: Sri Lanka se vrouespan het Suid-Afrika met vier paaltjies verslaan in die derde en laaste T20 Internasionaal in Oos-Londen, en die reeks twee-een gewen. Dit is hul eerste reeks-triomf oor die Proteas, in enige formaat. Die Speler van die Reeks, Laura Wolvaardt, het 56 behaal, met Suid-Afrika wat 155 vir ses aangeteken het in hul 20 boulbeurte. In antwoord daarop het Sri Lanka se kaptein, Chamari Athapathtu die top-telling behaal met 73, en het die besoekers hul hoogste suksesvolle lopiejaagtog tot nóg toe in T20 behaal, toe hulle op 156 vir ses geëindig het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-66-sent teen die dollar, 20-rand-23-sent teen die euro en 23-rand-61-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-662-dollar-96-sent. Die prys van goud is twee-duisend-300-dollar-10-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 89-dollar-49-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….