Nuus 07:00
BULLETIN 17 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa wil meer waarde uit Suid-Afrika se minerale kry
# Die ANC se oorwinning in die Konstitusionele Hof maak die deur oop vir 32 ander politieke partye
# En die nuwe Withuis-woordvoerder word na vyf dae afgedank
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika moet ophou staatmaak op die uitvoer van onverwerkte minerale en die invoer van produkte teen hoër pryse. Hy het by die bekendstelling van Vedanta Zinc International se Gamsberg Fase Twee Uitbreidingsprojek in die Noord-Kaap gesê die land verloor ekonomiese geleenthede deur ander lande toe te laat om sy natuurlike hulpbronne te verwerk. Hy vra groter plaaslike verwerking en sê minerale kan ander bedrywe soos energie-tegnologie ondersteun:
# Die Verkiesingskommissie het verligting aan 32 politieke partye verleen na die Konstitusionele hofuitspraak wat die ANC toelaat om ‘n uitstaande kandidatelys vir die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November voor te lê. Die besluit raak 107 munisipaliteite en beteken 33-miljoen stembriewe sal nodig wees, met 6,6-miljoen wat nog gedruk moet word. Mosotho Moepya, OVK-voorsitter, het aan die media gesê die partye sal toegelaat word om hul benoemings te voltooi, mits hulle aan die vereistes voldoen:
# Die sakeman Suliman Carrim bly in aanhouding nadat die Pretoria-landdroshof sy borgtogaansoek tot Maandag uitgestel het. Die 49-jarige staan tereg op aanklagte volgens die Kommissiewet nadat hy versuim het om na ‘n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Carrim is Donderdagaand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem toe hy ʼn internasionale vlug wou haal. Die staat vra meer tyd om sy reisdokumente en adres na te gaan:
# Die KwaDukuza-Landdroshof in KwaZulu-Natal het die saak teen ‘n 16-jarige seun, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n sesjarige meisie by ‘n skool in Ballito met ‘n mes gesteek het, tot 30 Oktober uitgestel. Die tiener staan tereg op aanklagte van poging tot moord, huisbraak en betreding. Hy het om regsverteenwoordiging aansoek gedoen, en die staat is van voorneme om sy vrylating op borgtog teen te staan. Die saak is agter geslote deure aangehoor omdat die beskuldigde ‘n minderjarige is. Die meisie is steeds in ‘n ernstige, maar bestendige toestand in ‘n hospitaal in Durban.
# President Donald Trump se nuwe perssekretaris, Katie Zacharia, is na minder as ʼn week afgedank ná kritiek oor haar prestasie en vrae oor haar regskwalifikasies. Zacharia se eerste perskonferensie het sowat 14 minute geduur met vrae deur slegs drie joernaliste. Sy het ook erken dat sy nie die balie-eksamen geslaag het nie, al het sy haarself voorheen as ʼn prokureur beskryf. Haar vertrek laat die Withuis sonder ʼn perssekretaris, met die Amerikaanse middeltermyn-verkiesing wat binne drie weke plaasvind.
# En rugby: Die nuwe Kampioenebeker-seisoen is aan die gang en vandag se aksie begin gelyktydig in Pretoria en Eccles in Engeland. Die Bull verwelkom Stade Francais twee-uur op Loftus en Sale Sharks is gasheer vir die Skotse klub Glasgow Warriors. Die Stormers en Bristol Bears van Engeland draf later op die veld op die Kaapstad-stadion. Die ander Suid-Afrikaanse span in die kompetisie, die Leeus, speel vanaand in Frankryk teen La Rochelle. Bordeaux-Bègles het verlede seisoen gewen toe hy Leinster in die eindstryd verslaan het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….