Nuus 07:00
BULLETIN 23 Maart 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Aanvallers dood meer as 60 mense in ‘n konsertsaal naby Moskou, en die Islamitiese Staat aanvaar aanspreeklikheid
# Eskom vra die publiek om elektrisiteit te bespaar, veral tydens spitstye
# En, Rugby: Die Cheetahs klop ‘n vasberade Boland in hulle SA Beker-wedstryd in Bloemfontein
# Aanvallers het gisteraand minstens 60 konsertgangers naby Moskou doodgeskiet. Meer as 145 is beseer in die aanval waarop militantes van die Islamitiese Staat aanspraak maak, van wie ongeveer 60 ook in ‘n bedenklike toestand is. Reuters berig, dit was die dodelikste aanval in Rusland sedert die 2004 Beslan-skoolbeleg. Die aanvallers het gistraand losgebrand voor die optrede van die Sovjet-era rock-groep “Picnic” in die volgepakte Crocus-stadsaal wes van Moskou, met sitplek vir ses-duisend-200. In die Beslan-skoolbeleg het Islamitiese militantes meer as ‘n duisend mense, onder wie honderde skoolkinders, gyselaar geneem. Amerika se intelligensiediens bevestig die Islamitiese Staat se aanspraak en sê Rusland is twee weke gelede gewaarsku.
# Eskom sê ná die instel fase drie-beurtkrag tot vyfuur vanoggend,, sal fase twee-beurtkrag tot agtuur vanaand om 8-uur van krag wees. Daarna sal fase drie tot môreoggend om vyfuur hervat. Hierdie besluit is geneem om noodreserwes aan te vul en die verlies van drie opwekkingseenhede aan te spreek. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, herinner die publiek daaraan om krag te bespaar, veral tydens spitstye, om die druk op die kragstelsel te verlig:
# ActionSA maak gereed vir die langverwagte bekendstelling van sy nasionale manifes vandag by die Ellis Park Arena in Johannesburg. Die partyleier Herman Mashaba sal die hoofrede lewer en die party se plan uiteensit om Suid-Afrika reg te ruk. Die manifes sal sleutelkwessies aanspreek, soos ekonomiese groei, onderwys, die energiekrisis, wet en orde, en immigrasie. Die party se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê die bekendstelling is ‘n belangrike stap vir ActionSA in sy missie om die land te help herstel en wêreldwyd ‘n vername leier te help maak.
# Die Vryheidsfront Plus hoop die Nasionale Vervolgingsgesag se optrede teen die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nakula, weens beweerde korrupsie sal die ANC se dekades-lange praktyk beëindig om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vir persoonlike gewin te gebruik. Die VF Plus sê daar was skandale toe Mapisa-Nqakula die minister van Verdediging was. Die Party se leier, Pieter Groenewald, vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, se bedanking en beskuldig haar van die voortsitting van Mapisa-Nqakula se nalatenskap van finansiële wanbestuur, wat lei tot die ineenstorting van die weermag en die wapenbedryf:
# En, rugby: Die Cheetahs se SA Beker-veldtog het gisteraand in Bloemfontein met ‘n oorwinning afgeskop toe hulle die Boland Kavaliers met 38-7 geklop het. Die Cheetahs moes hard werk vir die wen en is fisies uitgedaag deur die span van Wellington. Die Cheetahs het ses drieë gedruk waarvan vier verdoel is deur die veteraan Ruan Pienaar, teenoor een verdoelde drie deur Boland.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….