Nuus 07:00
BULLETIN 12 Oktober 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Gwarube sê bykans ‘n miljoen kandidate is vir die matriekeksamen geregistreer
# Minister Ntshavheni sê Jacob Zuma se gesondheidstoestand moet gerespekteer word
# En minstens 12 mense is dood in missielaanvalle op die lughawe van Riaad
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê ‘n rekordgetal van 962-duisend-832 kandidate is geregistreer om die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens in Oktober/November 2026 af te lê. Hiervan is 815-duisend-en-51 voltydse kandidate – ‘n toename van 48-duisend-508 vergeleke met verlede jaar, terwyl 147-duisend-781 deeltydse kandidate is, insluitend diegene wat hul vorige uitslae wil verbeter. Gwarube sê die Klas van 2026 is die grootste voltydse groep wat tot dusver die Senior Sertifikaat-eksamens aflê:
Gwarube, sê ook haar departement volg ‘n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor eksamenonreëlmatighede nie en het ooreenkomste met kandidate en ouers versterk om integriteit te bevorder. Die skriftelike eksamens vir die Nasionale Senior Sertifikaat van 2026 begin amptelik môre en eindig op 26 November. ‘n Eksamenhulplyn is 24-uur per dag beskikbaar sodat lede van die publiek verdagte aktiwiteite kan aanmeld. Gwarube sê daar is ook noodplanne in plek om op operasionele uitdagings te reageer, insluitend swaar weer en ontwrigting deur die gemeenskap:
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê niemand moet oor oudpresident Jacob Zuma se gesondheid bespiegel of dit bespreek nie. Die leier van die MK-party ontvang behandeling by die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Ntshavheni sê Zuma is onder die mediese sorg van die Geneesheer-generaal van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, soos vereis deur amptelike protokolle vir voormalige staatshoofde:
# ActionSA het kritiek uitgespreek oor die gebrek aan voltooide bekostigbare behuisingsprojekte in Kaapstad se middestad nadat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het erken geen so ‘n projek is sedert 2017 voltooi nie. Die party sê Winde het aangedui verskeie bekostigbare- en maatskaplike-behuisingsprojekte word beplan, maar nie een is in bykans ‘n dekade voltooi nie. ActionSA sê jare van beplanning en beloftes is nie genoeg nie en bekostigbare behuising moet aan inwoners gelewer word.
# Minstens 12 mense is dood en 309 beseer toe Jemen se Houthi-militante die naweek missiele op die Koning Khalid-lughawe in Riaad afgevuur het. Hulle het ‘n terminaalgebou getref en vier Saoedi’s, twee Bangladesjiërs, ‘n Amerikaner, ‘n Egiptenaar, ‘n Jordaniër, ‘n Siriër, ‘n Palestyn en ‘n Soedanees is in die aanval dood. Die Houthi’s het ook olie-installasies en die Dammam-lughawe in die ooste van Saoedi-Arabië aangeval. Die groep sê hulle teiken Saoedi-Arabië vanweë sy steun aan regeringsmagte in Jemen se burgeroorlog, asook ‘n lugaanval op die lughawe in Sanaa.
# Motorsport: Max Verstappen van Red Bull het die Singapoer-Grand Prix vir die eerste keer in sy Formule Een-loopbaan gewen. Die Nederlander het ‘n vroeë uitdaging van Ferrari se Charles Leclerc afgeweer om sy 73ste loopbaanoorwinning in sy 250ste Grand Prix-wedren te behaal. Leclerc het tweede geëindig, met Kimi Antonelli van Mercedes in die derde plek. Die McLaren-renjaers Lando Norris en Oscar Piastri het onderskeidelik vierde en vyfde geëindig. Antonelli het sy voorsprong oor sy spanmaat George Russell in die jaerskampioenskap tot 102 punte vergroot. Russell het negende geëindig nadat hy van die 19de plek weggespring het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-47-sent teen die euro en 21-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 83-duisend-485-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-211-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 105-dollar-40-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….