Nuus 06:00
BULLETIN 4 Maart 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA sê Binnelandse Sake moet uit die donker eeue kom
# Beurtkrag word opgeskort gedurende die dag
# En, die regering stel vandag Menseregtemaand bekend in Pretoria
# Die DA moedig die minister van Binnelandse Sake Aaron Motsoaledi aan om ‘n aanlyn en regstreekse navolgingstelsel vir immigrasie in te stel, wat die aansienlike agterstande vir visum-aansoekers sal uitwis en deursigtigheid verbeter. In ‘n onlangse voorlegging aan die parlementêre portefeuljekomitee, het Binnelandse Sake ‘n agterstand onthul wat terugdateer na 2016, en vererger is deur die Covid-19-inperking wat amptenare verhoed het om te werk. Angel Khanyile van die DA sê verslae dui daarop die huidige agterstand het 95-duisend oorskry:
# Eskom sê hy gaan beurtkrag die komende week gedurende die dag opskort. Van vyf-uur soggens tot vier-uur in die middag sal daar geen beurtkrag wees nie met fase 2 wat ingestel word tot vyf-uur die volgende oggend. Die Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena sê dit is die gevolg van die herstel van sekere opwekkingseenhede en voldoende kragreserwes:
# Die Wes-Kaapse polisie sê die soektog na die vermiste Joslin Smith in Saldanhabaai is uitgebrei met hommeltuie en soek-en-reddingshonde. Dit volg nadat klere met bloedvlekke op wat volgens berigte aan die sesjarige meisie behoort, Saterdagaand in ‘n oop veld in Middelpos gevind is. Die polisiewoordvoerder, Malcolm Poje, sê as gevolg van die tyd wat verloop het sedert Joslin as vermis aangemeld is, gebruik die soekspanne en ondersoekers verskillende benaderings:
# Hamas sê ʼn ooreenkoms oor ʼn tydelike skietstilstand kan binne die volgende 24 tot 48 uur bereik word indien Israel aan sy eise voldoen. Bemiddelaars en Hamas is in die Egiptiese hoofstad Kaïro vir samesprekings oor ʼn nuwe skietstilstand. Die moontlike skietstilstand van ses weke sal toelaat dat meer Israelse gyselaars vrygelaat word, hulp na Gaza gestuur word en nog Palestynse gevangenes in Israelse tronke vrygelaat word. Een-duisend-200 mense is in Israel vermoor en meer as 30-duisend is volgens berigte in Gaza dood sedert die Hamas-Israel-konflik in Oktober verlede jaar begin het.
# Motorsport: Red Bull se Christian Horner sê hy verwag “absoluut” om in beheer te bly vir hierdie naweek se Grand Prix in Saoedi-Arabië. Die spanleier het aan Sky Sports gesê Red Bull is ‘n baie sterk span nadat die heersende wêreldkampioen Max Verstappen en sy spanmaat Sergio Perez in die naweek se Grand Brein in Bahrein eerste en tweede geëindig het. Horner se gedrag is ondersoek na bewerings van onvanpaste optrede teenoor ‘n vroue-kollega, maar hy is sedertdien vrygespreek.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-10-sent teen die dollar, 20-rand-71-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-683-dollar-93-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-80-dollar-69-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-81-sent per vat.
# En ten slotte: Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur in vennootskap met die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste stel vandag Menseregtemaand bekend by die Galgmuseum by die Kgosi Mampuru Korrektiewe Sentrum in Pretoria. Die tema is: Drie Dekades van Respek vir en Bevordering van Menseregte. Die bekendstelling sal fokus op die betekenis van Menseregtemaand in die lig van die 30ste herdenking van vryheid. Die maand lange herdenkingsprogram sal ook uiteengesit word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….