Nuus 06:00
BULLETIN 13 April 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Geordin Hill-Lewis sê hy glo die DA kan Suid-Afrika lei
# ‘n Ontleder waarsku oor die risiko van ‘n verdeelde ANC- en SAKP-stem
# En rugby: Faf de Klerk keer terug na Suid-Afrika om by die Cheetahs aan te sluit
# Die DA het ‘n nuwe leierskap met die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, wat as leier verkies is tydens die party se verkiesingskongres wat oor die naweek in Midrand gehou is. Die leier van Gauteng, Solly Msimanga, is as federale voorsitter verkies, die tweede magtigste posisie in die DA. Die drie federale ondervoorsitters is Siviwe Gwarube, Solly Malatsi en Cilliers Brink. Ashor Sarupen volg Helen Zille op as nuwe voorsitter van die federale raad, met sy drie adjunkte JP Smith, Thomas Walters en Carl Pophaim. Mark Burke is as voorsitter van federale finansies verkies.
Geordin Hill-Lewis, sê hy glo sterk die party kan Suid-Afrika lei en die grootste party in die nasionale regering word. In sy oorwinningstoespraak het Hill-Lewis ‘n vierpuntplan uiteengesit:
# Politieke ontleders voorspel dat beide die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party waarskynlik nie verkiesings sal wen nie as gevolg van verdeelde kiesersteun in die komende plaaslike regeringsverkiesings na mislukte alliansiegesprekke. Die politieke ontleder, Zamo Mbandlwa sê beide partye se steun kom uit dieselfde kiesersbasis, wat die fragmentasie verhoog. Hy het aan Newzroom Afrika gesê interne verdeeldheid, splinterpartye en regeringspanning, sal hulle oorheersing in die verkiesing laat verswak:
# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, het herhaal en beklemtoon dat sterker teenkorrupsiemaatreëls by alle grensposte geïmplementeer moet word. Gedurende ‘n inligtingsessie oor Paasfees-operasies in 2026, sê Masiapato vier-duisend-763 reisigers is in hegtenis geneem terwyl hulle die land onwettig probeer binnekom of verlaat het. Hy sê sukses hang af van samewerking met wetstoepassingsagentskappe en toesighoudende liggame om ‘n gekoördineerde reaksie te verseker om onwettige immigrasie te stop:
# President Donald Trump sê die Amerikaanse vloot sal skepe keer wat deur die Straat van Hormoes vaar, en ‘n interdik bring teen elke vaartuig in internasionale waters wat ‘n tol aan Iran betaal het. Dit volg nadat die VSA-Iran-gesprekke in Pakistan oor die naweek nie oor ‘n langtermyn-vredesooreenkoms kon ooreenkom nie. Een vyfde van die wêreld se olie gaan deur die Straat. In ‘n lang plasing op Truth Social het Trump gewaarsku dat enige Iraniër wat op die Amerikaanse vloot of op vreedsame skepe vuur, “na die hel opgeblaas” sal word.
# Rugby: Die tweemalige Wêreldbeker-Springbok, Faf de Klerk, keer terug na Suid-Afrika om by die Cheetahs aan te sluit vir ‘n tweejaarkontrak. Die 34-jarige sal in Junie by die Bloemfontein-span aansluit vanaf die Japannese Yokohama Canon Eagles. Die Cheetahs sê De Klerk se vasberadenheid op die veld en sy leierskap in die span is presies wat die span nodig het terwyl hulle voortgaan om op die hoogste vlak mee te ding. De Klerk het intussen sy Japannese klub bedank en gesê hy vertrek met niks anders nie as respek en waardering vir almal wat by die Eagles betrokke is.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-58-sent teen die dollar, 19-rand-32-sent teen die euro en 22-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-740-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-672-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 91-dollar-78-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….