Nuus 06:00
BULLETIN 4 November 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die RNE-wegbreek dui op sterker eenheid en dringende optrede oor nasionale uitdagings
# Die Wêreldhof samel bewyse in van massamoorde en verkragtings in El-Fasher
# En krieket: Die Protea-mans en Pakistan pak mekaar vandag in hul eerste eendagwedstryd in Faisalabad
# Die leiers van die regering van nasionale eenheid het belowe om vinniger op te tree met munisipale toesig, jeugvaardighede en -indiensneming, voedselsekerheid en die stryd teen bendegeweld. Leiers van die tien partye het vergader vir ‘n tweedaagse wegbreeksessie by die Wieg van die Mensdom in Mogale City, Gauteng. President Cyril Ramaphosa sê die RNE bly verenig en gefokus om werkloosheid, armoede, misdaad, korrupsie en diensleweringsuitdagings aan te pak:
# ‘n Valke-offisier Sabelo Nkosi sê hy is gedwing om ‘n groot operasie in Noordwes te laat vaar om die inhegtenisneming van die vermeende ‘Groot Vyf’-misdaadbaas Katiso “KT” Molefe verlede Desember in Sandton te verifieer. In getuienis voor die Madlanga-kommissie sê Nkosi hy is deur ‘n senior offisier, Valke-brigadier Lesiba Mokoena, opdrag gegee om te bevestig of ‘n wettige polisie-optrede plaasvind het. Hy het die onderbreking as frustrerend en ontwrigtend beskryf:
# Die Maanda-Ashu Werkersvakbond van Suid-Afrika beweer onbillike kontrakuitvoering vir sy lede onder die Uitgebreide Openbare Werke-program. Lede het gister ‘n optog gehou en ‘n memorandum van eise by die hoofkantoor van die Departement van Openbare Werke in Pretoria ingedien. ‘n Woordvoerder vir die vakbond, Lumka Bekindawo, het gewys op die klagtes oor diensvoorwaardes en gevra vir ‘n dringende oplossing om billikheid en deursigtigheid met kontrakbestuur vir die program te verseker:
# Die munisipale werkersunie, Samwu, sê hy is reg bewys nadat die Stad Tshwane se aansoek om die betaling van die 2021/2022 salarisverhogings te vermy, van die hand gewys is. Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsbedingingsraad het die stad beveel om die 3,5-persent-salarisaanpassing, insluitend agterstallige betaling, binne ses maande te uit te voer. Samwu se Dumisane Magagula doen ook ‘n beroep op die heraanstelling van 41 werkers wat onregverdig tydens die dispuut ontslaan is. Magagula het onderneem om aan te hou veg vir die bykomende 5,4-persent-loonverhoging.
# Aanklaers by die Internasionale Geregshof samel bewyse in van vermeende massamoorde, verkragting as oorlogswapen, ontvoerings en ander misdade in die Soedanse stad El-Fasher. Die misdade is na bewering gepleeg tydens Rapid Support Forces-aanvalle in El-Fasher. Die aanklaers beskryf die gruweldade as deel van ‘n breër patroon van geweld wat die hele Darfoer-streek teister. Hulle sê dit kan oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom wees.
# Krieket: Die Protea-Mans en Pakistan pak mekaar vandag in die eerste eendagwedstryd in Faisalabad. Matthew Breetzke voer die span aan in die afwesigheid van Aiden Markram, wat ‘n ruskans kry voor die toer na Indië. Pakistan het die T20-reeks Saterdag met 2-1 in die laaste wedstryd in Lahore beklink. Die toetsreeks wat die toer begin het, het een elk gelykop geëindig. Die Proteas-hoofafrigter Shukri Conrad sê hy is teleurgesteld in die T20-nederlaag, maar is tevrede met die vertoning van sommige van die spelers.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-29-sent teen die dollar, 19-rand-92-sent teen die euro en 22-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 106-duisend-388-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-993-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-64-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….