Nuus 06:00
BULLETIN 25 September 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Mashatile dring daarop aan dat Suid-Afrikaners aan die nasionale dialoog deelneem
# Die Activists and Citizens Forum verwelkom die onthulling van die polisiebestuur by die Madlanga-kommissie
# En die Kremlin verwerp Trump se bewerings oor die oorlog in Oekraïne
# Adjunkpresident Paul Mashatile het Suid-Afrikaners aangespoor om aan die nasionale dialoogproses deel te neem. Hy sê dit is deel is van die aanspreek van die diepgewortelde maatskaplike en ekonomiese probleme waarmee die land te kampe het. Hy was gister die geleentheidspreker tydens die hoof-Erfenisdag vieringe in Oudtshoorn, Wes-Kaap. Vanjaar se tema is: Herbesin ons Erfenisinstellings vir ‘n Nuwe Era. Mashatile sê die nasionale dialoog is ‘n geleentheid vir alle burgers om ongemaklike waarhede te konfronteer en ‘n gedeelde toekoms te herbesin:
Mashatile sê ook doelbewuste stappe moet gedoen word om transformasie-fokusareas te bespoedig om die waardigheid van Afrika-mense te herstel. Mashatile het die belangrikheid beklemtoon van die benutting van erfenis as ‘n fondament vir die bou van ‘n dinamiese, maatskaplik verteenwoordigende, tegnologies innoverende en ekonomies inklusiewe toekoms:
# RISE Mzansi sê Suid-Afrika kan nie ‘n verenigde nasie bou terwyl hulle worstel met swak leierskap, georganiseerde misdaad, geslagsgeweld, honger, werkloosheid en mislukte munisipaliteite nie. RISE Mzansi-leier, Songezo Zibi, voer aan dat die nasie, ten spyte van die land se ryk diversiteit en erfenis, steeds ondermyn word deur ‘n swetterjoel krisisse. Zibi doen ‘n beroep op visionêre leierskap, verantwoordbaarheid, die bekamping van korrupsie, die beëindiging van sistemiese rassisme, die voorsiening van hulpbronne aan die regstelsel en die bevordering van onderwys en sport. Hy het beklemtoon dat ware nasiebou optrede vereis wat verder strek as simboliese gebare.
# Die Activists and Citizens Forum sê getuienis deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het politieke inmenging in die polisie blootgelê. Voormalige polisieministers Nathi Mthetwa, Bheki Cele, en huidige Senzo Mchunu is geïmpliseer in verdoemende getuienis by die Madlanga-kommissie. Woordvoerder Dennis Bloem sê die onthullings bevestig jare lange kommer oor korrupsie en politieke inmenging, en waarsku dat meer plofbare getuienis verwag kan word:
# Die Kremlin het Amerikaanse president Donald Trump se argumente in sy ommeswaai oor die oorlog in Oekraïne verwerp, terwyl nasionaliste met ‘n mengsel van verset en bespotting reageer het. Trump sê hy glo Oekraïne kan al sy grond wat deur Rusland beheer word, terugneem. Hy meen Kiëf moet nou optree terwyl Moskou “groot” ekonomiese probleme ondervind. Die Kremlin sê egter Rusland se ekonomie is bestendig, ondanks probleme in sommige sektore weens sanksies en voeg by sy magte se stadige vordering in Oekraïne is deel van ‘n doelbewuste strategie en nie ‘n teken van swakheid nie.
# Tennis: Jannik Sinner het veranderings aan sy spel aangebring voor sy eerste verskyning sedert hy teen Carlos Alcaraz in die Amerikaanse Ope die spit afgebyt het. Die Italianer kon nie sy titel die maand in New York teen Alcaraz verdedig nie, wat hom in vier stelle geklop het om weer die wêreld se nommer een te word. Sinner, ‘n viermalige Grand Slam-wenner, speel die week in die Chinese Ope in Beijing, en sê hy gaan die aanpassings aan sy spel toepas. Alcaraz gaan nie sy titel daar verdedig nie en speel die week in Japan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-32-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-30-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 113-duisend-396-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-741-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-23-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….