Nuus 06:00
BULLETIN 9 September 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa steun Brasilië se oproep vir ‘n skietstilstand in Gaza
# Minister Cachalia sê bendes is ‘n nasionale bedreiging
# En prins Harry besoek Windsor om hulde te bring aan wyle koningin Elizabeth II
# President Cyril Ramaphosa het die president van Brasilië, Lula da Silva, se beroep vir ‘n wapenstilstand in Gaza en die erkenning van self-beskikking vir Palestina, ondersteun. Hy het gedurende ‘n buitengewone virtuele vergadering van die BRICS-leiers gesê blywende vrede is nodig vir ‘n tweestaat-oplossing. Hy het Suid-Afrika se ondersteuning vir geregtigheid en menseregte in die streek bevestig en moedig die BRICS-nasies aan om hulle gesamentlike invloed te gebruik om vrede, regverdigheid en multi-laterale samewerking in wêreldkonflikte te bevorder:
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, waarsku rampokkery is nie gewone misdaad nie maar ‘n bedreiging vir nasionale sekerheid. Cachalia het in Kaapstad beklemtoon dat die ontplooiing van die weermag nie op hierdie stadium oorweeg word nie. Hy waarsku bendelede om nie gemeenskappe te benadeel of staatinstellings aan te val nie en sê teenbende-maatreëls sal geneem word om bestendigheid en veiligheid in gemeenskappe te herstel:
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se beplande uitsettings is onmenslik, vernederend en gevaarlik. Verlede week het Lesufi gewaarsku hy gaan uitsettings en die verwydering van informele nedersettings gebruik om die regering se pogings om grondbesettings te bekamp en behuisingsregulasies af te dwing. Nomahlubi Khwinana van die kommissie sê uitsetting moenie armoede bevorder of ’n strafmaatreël wees nie:
# ‘n Federale Appèlhof in New York het die laster-eis wat deur skrywer E Jean Carroll teen die Amerikaanse president Donald Trump aanhangig gemaak is, gehandhaaf. Sy het die president gedagvaar en beweer dat hy haar belaster het toe hy die bewering dat hy haar seksueel aangerand het, ontken het, en gesê het sy het die bewering opgemaak om die verkope van ‘n boek te verhoog. Trump het die bewerings ontken. Die hof het die administrasie se argument verwerp dat die president beskerm word deur die Hooggeregshof se immuniteitsuitspraak verlede jaar. Trump moet Carroll 1,46-miljard-rand in skadevergoeding betaal.
# Rugby: Jasper Wiese is reguit in die Springbokke se opdrafspan ingesluit na sy skorsing van vier wedstryde vir ‘n kopstamp tydens ‘n toets teen Italië in Julie. Afrigter Rassie Erasmus het hom in die nommer agt-trui gekies vir Saterdag se Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Nieu-Seeland in Wellington, en kaptein Siya Kolisi is terug op flank. Erasmus sê Wiese is gretig om sy teenwoordigheid te laat geld nadat hy die afgelope twee maande slegs kon oefen. Hy sal waarskynlik nie die volle 80 minute speel nie, maar hulle het hom beslis nodig.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-47-sent teen die dollar, 20-rand-56-sent teen die euro en 23-rand-68-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-110-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-631-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-80-sent per vat.
# En ten slotte: Prins Harry was by Windsor-kasteel vir ‘n kranslegging en om privaat hulde te bring aan wyle koningin Elizabeth. Hy het gister in Engeland aangekom en blomme by die kasteel gelaat vir die derde herdenking van haar dood. Harry is in Londen vir die jaarlikse WellChild-toekennings. Sy besoek het bespiegeling aangevuur oor ‘n moontlike ontmoeting met sy vervreemde broer, prins William, en sy pa, koning Charles. Harry en Charles het twee-en-‘n-half-jaar gelede laas persoonlik ontmoet toe hy homself na Charles gehaas het na sy kankerdiagnose.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….