Nuus 06:00
BULLETIN 1 September 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SAKP herbevestig sy alliansie met die ANC
# Die Israelse Weermag bevestig die dood van die Hamas-woordvoerder Abu Obeida
# En gholf: Thriston Lawrence wen die Omega Europese Meesters
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê sy verkiesing-strategie vir 2026 sal daarop gemik wees om die krisis van werkersklas-verteenwoordiging aan te spreek. Die SAKP se Sentrale Komitee het oor die naweek vergader, waar omvattende verslae van die Politieke Buro en die Sekretariaat bespreek is. Die verslae gee ‘n diepgaande ontleding van die plaaslike en wêreldwye situasie. Die hoofsekretaris Solly Mapaila sê terwyl die SAKP sy onafhanklikheid en Nasionale Kongres-resolusies ten volle handhaaf, bly dit verbind tot samewerking met die ANC:
# COPE het die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sterk veroordeel omdat hy die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, beskuldig het dat hy inmeng in 121 politieke moorddossiere. Die waarnemende hoofsekretaris van COPE, Erick Mohlapamaswi, sê Cachalia se eise vir verslae en vertragings oorskry ministeriële gesag en meng in met die operasionele onafhanklikheid van die polisie. Mohlapamaswi dring daarop aan dat ondersoeke sonder politieke druk voortgaan, selfs terwyl die Madlanga-kommissie sy ondersoek doen. Hy dring ook daarop aan dat Cachalia Masemola se mandaat moet respekteer.
# Die Gauteng Provinsiale Regering het van vandag af Elijah Mhlanga as sy nuwe woordvoerder aangestel. Hy volg Vuyo Mhaga op, wat deur premier Panyaza Lesufi geprys is vir die versterking van deursigtigheid en mediaverhoudinge. Mhlanga is ‘n voormalige nasionale woordvoerder van die Departement van Basiese Onderwys en ‘n ervare kommunikasiepraktisyn met meer as 25 jaar ondervinding. Met ‘n agtergrond in gedrukte en uitsaaijoernalistiek, bring hy uitgebreide kundigheid en Lesufi wens hom sukses toe om Gauteng-inwoners te dien.
# Die Israelse Weermag het bevestig dat die woordvoerder van Hamas se gewapende vleuel, Abu Obeida, oor die naweek in ‘n lugaanval in Gazastad dood is. Die weermag sê Obeida was ‘n sleutelteiken van ‘n aanval in die al-Rimal-woonbuurt. Hamas het nog nie sy dood nie bevestig nie. Die weermag sê Obeida het propaganda- en sielkundige terreurveldtogte gelei, en beeldmateriaal van ontvoerde Israelse burgerlikes en soldate en die gruweldade van die slagting op 7 Oktober versprei. Hy sê Obeida kan nie meer sy leuens, propaganda en terreur versprei nie.
# Gholf: Thriston Lawrence van Suid-Afrika het die Omega Europese Meesters in Switserland vir die tweede keer in vier jaar gewen. Die 28-jarige het ‘n laaste ronde van 66 aangeteken vir ‘n oorwinning met twee houe om ‘n vyfde DP World Tour-titel te verower. Die verdedigende kampioen Matt Wallace van Engeland, die Deen Rasmus Hojgaard en Fin, Sami Vilamaki, het gelykop tweede geëindig. Engeland se Matt Fitzpatrick het met drie houe agter in die vyfde plek geëindig. ‘n Emosionele Lawrence het na sy oorwinning gesê hy is trots op hoe hard hy geveg het:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-61-sent teen die euro en 23-rand-81-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-394-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-446-dollar-15-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-30-sent per vat.
# En ten slotte: Die DA het Johannesburg se Wyk 90-raadslid, wyle Martin Williams, beskryf as ‘n man van integriteit, deernis en toegewydheid aan diens. Die DA-streekvoorsitter, Wendy Alexander, sê Williams, wat die stad en gemeenskap met onderskeiding gedien het, was ‘n voormalige hoofredakteur by The Citizen. Sy het beklemtoon dat hy ‘n nalatenskap agterlaat van die stryd vir aanspreeklikheid en ‘n stem vir die stemloses:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….