Nuus 06:00
BULLETIN 20 Augustus 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Manamela stel administrateurs aan om SETA’s te bestendig
# Drie DA-parlementslede word deur rowers oorval
# En Donald Trump sê hy gaan nie Amerikaanse troepe in Oekraïne ontplooi nie
# Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het nuwe administrateurs aangestel om die sukkelende Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede te stabiliseer. Matjie Masoga sal in beheer wees van die Dienste SETA, Dithabe Nkoane die Konstruksie SETA, en Zukile Mvalo die Plaaslike Regering SETA. Minister Buti Manamela sê ingewortelde bestuursmislukkings, insluitend verkrygingsonreëlmatighede en raadsonstabiliteit, het die mandaat ondermyn. ‘n Woordvoerder van die departement, Matshepo Seedat, sê die administrateurs moet regering herstel, aanspreeklikheid afdwing, en verseker dat programme leerders en werkers verder ondersteun:
# The Kgalema Motlanthe-stigting het berigte ontken dat hy van die nasionale dialoog onttrek het, en verduidelik dat hy nooit amptelik deel van die konvensie was nie. Die stigting sê die voormalige president kon as gevolg van ander verpligtinge nie die byeenkoms op 15 en 16 Augustus by Unisa bywoon nie, maar het wel ondersteuning vir die doelwitte uitgespreek. Motlanthe het die belangrikheid van inklusiewe nasiebou beklemtoon met die stigting wat gefokus bly op jeugprogramme vir digitale vaardighede en onderwys.
# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron en twee van sy DA-kollegas was gister die slagoffers van ‘n rooftog in Phillipi, Kaapstad. Cameron, Lisa Schickerling en Nicholas Gotsell was op pad terug van ‘n oorsigbesoek aan die polisiekollege in Philippi toe hul voertuig onder bakstene van rowers deurgeloop het. George Michalakis van die DA sê Gotsell moes in die hospitaal opgeneem word, maar is nie ernstig beseer nie:
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi-raad sê hy sal die liggaam van die vermoorde e-taxibestuurder, Siyanda Mthokozisi, na KwaZulu-Natal vervoer om begrawe te word. Mthokozisi is verlede week buite die Maponya Winkelsentrum in Soweto, in Gauteng, geskiet in ‘n voorval wat vermoedelik verband hou met die spanning tussen e-taxibestuurders en taxi-operateurs. Die president van Santaco, Abnar Tsebe, het sy medelye aan die familie betoon en beklemtoon dat die taxi-bedryf geen vorm van misdadigheid goedkeur nie:
# President Donald Trump oorweeg nie die ontplooiing van Amerikaanse troepe in Oekraïne om ‘n vredesooreenkoms af te dwing nie. Dit volg na gister se gesprek tussen Trump, die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky en Europese leiers in die Withuis. In ‘n onderhoud met Fox News het Trump gesê hy glo steeds Europese lande is die eerste verdedigingslinie wanneer dit kom by Russiese aggressie in Oekraïne. Hy het ook gewaarsku dat die Russiese president Vladimir Putin moeilike omstandighede moet hanteer as hy nie saamwerk aan die vredesproses nie.
# Rugby: Die eindstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi gaan op 27 September op ‘n volgepakte Twickenham in Londen gespeel word. Al 82-duisend kaartjies is verkoop, asook as 375-duisend van die 470-duisend vir die ander wedstryde. Die voorsitter van die toernooi, Gill Whitehead, glo die meeste toeskouers ooit by ‘n vrouewedstryd sal die eindstryd bywoon. Die gasvroue Engeland en Amerika skop die toernooi Vrydag af en Suid-Afrika speel hul eerste groepwedstryd Sondag teen Brasilië.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-915-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-315-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-47-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….