Nuus 06:00
BULLETIN 29 Julie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC verdedig die tydelike opskorting van Ramaphosa se ampsklagverhoor
# Zelensky sê hy het ‘n goeie vergadering met Trump gehad
# En rugby: Die ervare Aseza Hele keer terug na die Springbok-vrouespan
# Die ANC glo die regs- en parlementêre prosesse rondom president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak moet toegelaat moet word om hul gang te gaan. Volgens die party het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap slegs die Parlement se ampsklagverhore onderbreek, nie gekanselleer nie, terwyl Ramaphosa se hofhersiening in September aangehoor word. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula het aan die media gesê ‘n billike regsproses sal verseker Suid-Afrikaners kan vertroue in die finale uitkoms hê:
Die EFF het intussen ‘n regstreekse appèl by die Konstitusionele Hof ingedien teen Ramaphosa se hofbevel. Die EFF, wat die African Transformation Movement se aansoek ondersteun, voer aan die Hooggeregshof se uitspraak in die Wes-Kaap het die Parlement se toesighoudende rol verswak en kan toekomstige presidente toelaat om ampsklagverrigtinge deur middel van hofsake te vertraag. Die party wil hê die Konstitusionele Hof moet die interdik tersyde stel en die ampsklagproses toelaat om voort te gaan.
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê hul voorlopige ondersoek het ernstige verkrygings- en bestuurskwessies by die Versekeringsektor se Onderwys- en Opleidingsowerheid aan die lig gebring. Die organisasie beweer dat INSETA se begroting van bykans 20-miljoen-rand in die 2024/2025-boekjaar tot 443-miljoen-rand gestyg het. Rudie Heyneke van OUTA bevraagteken ook die aanstelling van ‘n diensverskaffer, Mabophe Business Solutions, nadat ‘n tender gekanselleer is en 879 studente vir maande nie hul beursbetalings ontvang het nie:
# Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, sê vaardigheidsontwikkeling is van kritieke belang om ekonomiese groei te dryf, volhoubare werksgeleenthede te skep en ‘n bekwame werksmag vir die toekoms te bou. Hy het gister die Gautengse Menslike Hulpbronontwikkelingsraad bekendgestel, in reaksie op die provinsie se ekonomiese behoeftes. Lesufi sê die provinsiale regering is daartoe verbind om ‘n geskoolde, bekwame werksmag te bou wat toekomsgereed is, ekonomiese groei dryf, werksgeleenthede skep en die lewensgehalte van inwoners verbeter:
# Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê hy het gister ‘n goeie vergadering met president Donald Trump gehad. Die twee leiers het agter geslote deure in die Withuis vergader. Zelensky sê hulle het Kiëf se toegang tot Patriot-missielonderskeppers en die herlewing van diplomasie om die oorlog met Rusland te beëindig, bespreek. Moskou het sy gebruik van ballistiese missiele verskerp en Oekraïne weer oor die naweek aangeval. Intussen het Kiëf langafstand-hommeltuigaanvalle teen Russiese teikens verskerp. Zelensky sê hy is dankbaar teenoor die VSA vir hul sterk steun.
# Rugby: Die ervare nommer agt, Aseza Hele, is terug in die Springbok-vroue se groep vir volgende maand se toer na Fidji. Sy het Meimaand se Afrikabekertoernooi en hierdie maand se twee toetse teen Amerika misgeloop na ‘n hand-operasie, en sal die eerste keer vir Suid-Afrika speel sedert haar briljante vertoning in verlede jaar se Wêreldbekertoernooi in Engeland. Die haker Lindelwa Gwala keer ook terug na ‘n kuitbesering. Die Bokke en die Fidjiana-15 speel op 8 en 15 Augustus in toetse in Suva en Lautoka.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-68-sent teen die dollar, 19-rand-1-sent teen die euro en 22-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-812-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-16-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….