Nuus 06:00
BULLETIN 27 Mei 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sal vandag vrae in die Parlement beantwoord
# Sihle Zikalala beklemtoon die belangrikheid van infrastruktuurontwikkeling
# En die hoof van die omstrede Israel-gesteunde Gaza-hulpgroep bedank
# President Cyril Ramaphosa sal vandag vrae oor ekonomiese groei en werkskepping in die Nasionale Vergadering beantwoord. Die presidensie sê hy sal die Parlement inlig oor pogings om rassediskriminasie reg te stel, en die ondersoek en vervolging van apartheidsmisdade. Die kantoor sê Ramaphosa sal ook besin oor Suid-Afrika se verbintenis tot konflikoplossing in Oekraïne en die verslegtende humanitêre situasie in daardie land.
# Minister Solly Malatsi sal vandag die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë inlig oor ‘n nuwe konsep-beleidsrigting vir die inligting- en kommunikasietegnologiesektor. Die bespreking sal fokus op lisensiëringsaansoeke en die ekwiteit-ekwivalente beleggingsprogram. Malatsi sal na verwagting ook lede van die Parlement inlig oor die begroting ter waarde van 150-miljoen-rand wat gebruik is om te help met die afbetaling van die SABC se skuld aan Sentech.
# Die adjunkminister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Sihle Zikalala, sê infrastruktuur- en nywerheidsontwikkeling is die twee sleuteluitdagings vir die land se ekonomie. Die Simposium oor Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling het gister in Kaapstad begin, met president Cyril Ramaphosa wat vandag die hoofrede sal lewer. Zikalala sê die departement beoog om ‘n omgewing te skep wat bevorderlik is vir beleggings, en moedig ontwikkelaars aan om met hul insig en voorstelle vorendag te kom:
# Die Stad Ekurhuleni het ‘n behuisingsprojek van een-duisend-200-eenhede aangekondig wat ten doel het om inwoners van die Marikana- informele nedersetting by te staan. Hierdie projek volg nadat ‘n brand ses lewens geëis het. Die burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Kgopelo Hollo, sê die projek in Langaville-uitbreiding 12 sal langdurige behuisingsuitdagings aanpak terwyl hy grootmaat-infrastruktuur verskaf om die nuwe huise te ondersteun:
# Die hoof van die Gaza Humanitarian Foundation wat hulp in Gaza moet versprei as deel van ‘n omstrede Israel-gesteunde plan, het bedank. Die voormalige Amerikaanse vlootlid Jake Wood sê die stigting sou nie kon voldoen aan die beginsels van “menslikheid, neutraliteit, onpartydigheid en onafhanklikheid” nie. Die organisasie het in reaksie hierop gesê hy is “nie afgeskrik” deur Wood se bedanking nie en sal voortgaan met sy verspreidings en wil teen die einde van die week een-miljoen Palestyne bereik. Die Verenigde Nasies kritiseer die plan en weier om deel te neem.
# Atletiek: Die DA het kalmte en eenheid versoek voor Atletiek Suid-Afrika se verkiesing op Saterdag. Dit volg nadat ASA se president, James Moloi, polisieteenwoordigheid versoek het, wat die party sê dui op diepgaande wanfunksionaliteit en onbestendigheid binne die federasie. Joe McGluwa van die DA sê die voortdurende binnegevegte, regsdreigemente en onttrekking van belangrike provinsiale benoemdes weerspieël swak bestuur wat die prestasies van atlete oorskadu:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-83-sent teen die dollar, 20-rand-31-sent teen die euro en 24-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-235-dollar-30-sent. Die prys van goud is drie-duisend-346-dollar-91-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-68-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….