Nuus 06:00
BULLETIN 23 Mei 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Godongwana sê fiskale konsolidasie het politieke steun nodig
# Die DA verwelkom die Parlement se erkenning van plaasmoorde as ‘n nasionale krisis
# En die moordenaar van die Israelse ambassadepersoneel in Washington het alleen opgetree
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê hy begin sy veldtog in die kabinet wen vir die ondersteuning van fiskale konsolidasie. Gekonsolideerde regeringsuitgawes in die minister se gewysigde begroting het van 2,60-duisend-miljard tot 2,58-duisend-miljard-rand gedaal. Godongwana sê die regering bestee 1,2-miljard-rand aan die skuld. Hy sê fiskale konsolidasie is ‘n moeilike taak wat vereis dat die Nasionale Tesourie politieke steun vir sy hersiene bestedingsplanne kry, wat nou die afwesigheid van ‘n verhoging in BTW moet huisves.
# Die DA verwelkom die Parlement se erkenning van plaasmoorde as ‘n nasionale krisis en doen ‘n beroep vir dringende optrede om landelike gemeenskappe te beskerm. Die DA se Landbou-woordvoerder, Willie Aucamp, en die polisiewoordvoerder, Ian Cameron, steun die aanvaarding van ‘n gesamentlike parlementêre verslag om hervormings aan te spoor. Dit sluit ‘n Landelike Veiligheidseenheid, verbeterde misdaadintelligensie en nouer samewerking tussen die polisie en die Vervolgingsgesag in. Aucamp sê plaasaanvalle bedreig voedselsekerheid, werksgeleenthede en lewens:
# Rise Mzansi sê dis tyd om ‘n Afrika te bou, vir Afrikane en die wêreld, wat deur Afrikane gelei word. Volgens die party moet die vasteland sy G20-leierskap gebruik om wêreldwye respek af te dwing en verouderde stereotipes af te skud. Makashule Gana van Rise Mzansi doen ‘n beroep op ‘n verenigde poging om die volle potensiaal van intra-Afrika-handel en infrastruktuur te ontsluit. Gana sê Afrika moet ophou om grondstowwe uit te voer net om klaarprodukte teen hoër koste terug te koop.
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het ‘n dringende borgtogaansoek van Phumelele Myeza, een van tien beskuldigdes in die SASSA-bedrogsaak van vier miljoen rand, van die hand gewys. Myeza het in die hof beweer vertragings in die laerhof was onreëlmatig. Die staat het aangevoer dat haar borgtogaansoek voortydig was, aangesien die Lenasia-landdroshof nog nie uitspraak gelewer het nie. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag het met die staat saamgestem dat meer bewyse nodig is:
# Die Amerikaanse prokureur-generaal, Pam Bondi, sê sover bekend het die verdagte wat gearresteer is in verband met die moord op personeel van die Israelse ambassade, alleen opgetree. Twee personeellede, Sarah Lynn Milgrim en Yaron Lischinsky, is doodgeskiet toe hulle ‘n geleentheid by die Capital Jewish Museum in Washington verlaat het. Die polisie sê die verdagte is die 30-jarige Elias Rodriguez van Chicago. Bondi sê die sekuriteit by die museum en ambassade is opgeskerp:
# Tennis: Carlos Alcaraz begin die verdediging van sy Franse Ope-titel teen Kei Nishikori van Japan en Jannik Sinner speel teen die plaaslike speler Arthur Rinderknech. Novak Djokovic begin sy strewe vir ‘n 25ste Grand Slam-titel teen die Amerikaner Mackenzie McDonald. Verlede jaar se naaswenner, Alexander Zverev, pak die Amerikaanse tiener Learner Tien. Daar lê ‘n moeilike pad voor vir Iga Swiatek om ‘n vierde agtereenvolgende titel te wen. Sy is geloot saam met verlede jaar se naaswenner, Jasmine Paolini, die voormalige kampioen Jelena Ostapenko en 2022 se Wimbledon-kampioen, Elena Rybakina.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-1-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-373-dollar-80-sent. Die prys van goud is drie-duisend-298-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-99-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….