Nuus 06:00
BULLETIN 11 April 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa waarsku teen wêreldhandel aangevoer deur magspolitiek
# Paul Mashatile sê die regering van nasionale eenheid sal nie in duie stort nie
# En minister Lamola versterk die land se bande met Senegal
# President Cyril Ramaphosa waarsku wêreldhandel loop gevaar om oorheers te word deur magspolitiek as die multilaterale stelsel nie beskerm word nie. Hy het by die 30ste herdenking van die Wêreldhandelsorganisasie gesê eensydige en beskermende maatreëls deur ryk lande ondermyn vrye handel. Ramaphosa vra dringende hervorming om te verseker ontwikkelende lande trek voordeel uit wêreldhandel, insluitend meer beleidsruimte vir industrialisasie:
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering van nasionale eenheid sal hersaamgestel word en die ANC sal partye betrek wat wil saamwerk. Spanning in die koalisieregering is op ‘n mespunt nadat die DA en Vryheidsfront Plus die fiskale raamwerk verwerp het. Hy was gister aan die woord by die 32ste herdenking van die struggle-held Chris Hani se dood in die Oos-Kaap. Mashatile glo nie die koalisieregering sal as gevolg van interne uitdagings in duie stort nie:
# Die Gautengse Departement van Gesondheid het reageer op misleidende mediaberigte oor sekerheidskoste by die Chris Hani Baragwanath- en Charlotte Maxeke-hospitale. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, verduidelik die langtermynkontrakte, wat in April 2024 begin het, verseker voldoening aan regulasies en die verbetering van veiligheid. Modiba sê 113 ondernemings beveilig 37 hospitale en meer as 300 klinieke. Hy sê die toename in sekerheidskoste strook met die huidige marktariewe:
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het sy ondersoek na die Polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, teruggetrek en hom vrygespreek. Hy is in 2023 beskuldig dat hy glo sy mag misbruik en ingemeng het met die arrestasie van ‘n senior amptenaar van korrektiewe dienste in beheer van ‘n dwelmkartel by die Westville Maksimum-gevangenis in Durban. OPOD sê die ondersoek is afgesluit aangesien daar nie genoeg bewyse was om voort te gaan nie. Mkhwanazi het volgehou hy is onskuldig.
# Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, is in Dakar, Senegal, vir ‘n twee-daagse besoek wat daarop gemik is om sterker diplomatieke en ekonomiese bande te smee. Lamola en sy Senegalese eweknie, Yassine Fall, het vergader om die eerste Ministeriële Gesamentlike Kommissie vir Bilaterale Samewerking van stapel te stuur. Die kommissie sal samewerking in politieke dialoog, streeksintegrasie en multilaterale koördinasie verbeter. Lamola se besoek beklemtoon Suid-Afrika se verbintenis tot die bevordering van Afrika-solidariteit en die bevordering van vennootskappe om inklusiewe groei en volhoubare ontwikkeling aan te dryf.
# Rugby: Die Waratahs se hoofafrigter, Dan McKellar, stel nie belang om Australië se sesde afrigter in vyf jaar te word nie. Die pos word later vanjaar beskikbaar wanneer Joe Schmidt vertrek nadat hy die posisie na 2023 se Wêreldbekertoernooi oorgeneem het. McKellar is genoem as moontlike kandidaat om die Nieu-Seelander op te volg, maar sê hy het van Leicester Tigers in Engeland na sy land teruggekeer om die Waratahs en Nieu-Suid-Wallis te help. Die Reds se breier, Les Kiss, word nou as gunsteling beskou om die volgende Wallabie-afrigter te word.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-42-sent teen die dollar, 21-rand-76-sent teen die euro en 25-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 79-duisend-574-dollar-30-sent. Die prys van goud is drie-duisend-189-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….