Nuus 06:00
BULLETIN 6 Julie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Madlanga-kommissie word geloof vir die voortsetting van sy werk sonder Feroz Khan
# Rouklaers dreunsing “Dood vir Amerika” en “Dood vir Israel” tydens die begrafnis van Iran se opperleier
# En gholf: Michael Hollick wen sy eerste DP World Tour-titel
# Die Activists and Citizens Forum het die Madlanga-kommissie geprys vir die voortsetting van sy werk sonder die polisie se misdaadintelligensiehoof, Feroz Khan. Khan het lewensgevaarlike beserings opgedoen toe hy verlede week in Houghton, Johannesburg, geskiet is. Forumwoordvoerder, Dennis Bloem, sê bewyse van Khan se toestelle, wat deur bewysleier Adila Hassim vir die Kommissie beskikbaar gestel is, veroorsaak waarskynlik slapelose nagte vir Khan en sy vriende. Hy sê met vooraanstaande politici wat daarby betrek word, kan meer skokke verwag word:
# Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die regering het Dame Mariéme Jamme aangestel as spesiale gesant vir tegnologie en kunsmatige intelligensie. Departementele woordvoerder, Cassius Selala, sê dit versterk Suid-Afrika se visie van ‘n digitaal inklusiewe samelewing waar tegnologiese innovasie geleenthede, gelykheid, ekonomiese deelname en volhoubare ontwikkeling dryf. Dame Mariéme Jamme sal dien as ‘n globale verteenwoordiger en betroubare raadgewer, wat Suid-Afrika se betrokkenheid by regerings, multilaterale instellings, akademici, beleggers en bedryfsleiers ondersteun.
# Gauteng se LUR vir Finansies, Nkululeko Dunga, sê die provinsie se munisipale oudituitkomste het agteruitgegaan, met slegs twee van die elf munisipaliteite wat skoon oudits in die 2024/2025-boekjaar behaal het. Regoor die provinsie het munisipaliteite 14,4-miljard-rand aan onreëlmatige uitgawes aangegaan, terwyl toenemende onreëlmatige uitgawes gedurende die huidige administrasie 45,92-miljard-rand bereik het. Dunga sê swak finansiële bestuur beïnvloed dienslewering regstreeks. Hy sê Tshwane het die hoogste onreëlmatige uitgawes van enige munisipaliteit in die provinsie:
# Die Nasionale Unie van Mynwerkers het die doodsdreigemente teen sy takvoorsitter by die Impala-myn in Rustenburg, Noordwes, veroordeel. Hulle sê die dreigemente volg te midde van die vakbond se voortdurende stryd om organisatoriese regte vir sy lede te verseker. Die vakbond sê dit vind plaas teen die agtergrond van ‘n langdurige dispuut oor organisatoriese regte, waar die NUM wettige erkenning ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge wil verkry. Die NUM hou vol dat werkers ‘n grondwetlike reg het om vrylik ‘n vakbond te kies sonder vrees, intimidasie, viktimisering of geweld.
# Rouklaers wat gister die tweede dag van die openbare begrafnis vir Iran se ontslape opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, by die Groot Moskee bygewoon het, het wraak geëis. ‘n Week van massabegrafnisoptogte word regoor Iran en Irak gehou vir Khamenei, wat saam met vier lede van sy familie op die eerste dag van die VSA-Israelse oorlog op 28 Februarie omgekom het. Met Iranse vlae en foto’s van hul martelaar-leier in die hand, het die skares die Amerikaanse president Donald Trump se dood geëis en “Dood vir Amerika” en “Dood vir Israel” gedreunsing.
# Gholf: Michael Hollick van Suid-Afrika het die BMW Internasionale Ope in München, Duitsland, gewen, sy eerste DP World Tour-titel in sy nuweling-seisoen. Die 39-jarige het afgesluit met ‘n laaste rondte van 67 om ‘n oorwinning met een hou oor sy landgenoot Hennie Du Plessis te verseker. Oostenryk se Bernd Wiesberger was derde. Oihan Guillamoundeguy van Frankryk en Carlos Ortiz van Mexiko het gelykop vierde geëindig. Hollick, die vyfde Suid-Afrikaanse wenner op die DP World Tour hierdie seisoen, sê dit was ‘n lang en moeilike reis:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-21-sent teen die dollar, 18-rand-55-sent teen die euro en 21-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-569-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-188-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-11-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….