Nuus 06:00
BULLETIN 27 Januarie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA doen ‘n beroep op minister Motshekga om die Parlement in te lig oor die SANW in die Demokratiese Republiek die Kongo
# Die Ahmed Kathrada-stigting steun die Onteieningswet
# En rugby: Die Blitsbokke eindig 4de in Perth
# Die DA doen ‘n beroep op die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, om die Parlement dringend in te lig oor die verslegtende situasie in die Demokratiese Republiek die Kongo. Dit volg nadat M23-rebelle verlede week nege soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die oostelike DRK doodgemaak het. Chris Hattingh van die DA sê ’n omvattende verslag aan parlementslede sal help om te bepaal hoe om die SANW die beste uit die DRK te onttrek:
Intussen het die Gesamentlike Staande Komitee op Verdediging die behoefte aan ‘n ondersoek beklemtoon nadat nege lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo gesneuwel het. Agtien lede is na wat berig word Donderdag gewond in ‘n konfrontasie met die M23-rebellegroep. Die medevoorsitters van die komitee, Malusi Gigaba en Phiroane Phala, sê die ondersoek moet gevegsgereedheid, intelligensievermoëns en steuntoerusting dek. Hulle beloof om oorsig op te skerp en seker te maak SANW-soldate is behoorlik toegerus vir toekomstige sendings.
# Die Ahmed Kathrada-stigting steun die Wet op Onteiening en sê dit doen iets aan historiese ongelykhede. Derek Hanekom van die stigting beklemtoon die belangrikheid dat grondonteiening moet ooreenstem met grondwetlike beginsels, wat deursigtigheid en regsoorsig bevorder. Te midde van teenstand deur sekere politieke partye maan kenners dit kan nasionale eenheidsbestendigheid raak. Hanekom onderstreep die belangrikheid van ‘n fokus op die wet se bedoeling om regverdigheid te verseker met grondonteiening:
# Die SAKP vra die ANC se NUK-lekgotla om die 2025/2026-begrotingsprioriteite te baseer op die alliansie se 2024-manifes. Sleutelfokuspunte sluit in werkskepping, industrialisasie, die uitroei van armoede, universele gesondheidsorg en ‘n soewereine rykdomfonds. Daarby is die SAKP gekant teen besparingsmaatreëls en staan staatsgeleide infrastruktuur- en ekonomiese hervorming voor om werkloosheid en ongelykheid teen te werk. Die party se klem lê op monitering, beplanning en brontoekenning vir inklusiewe groei, terwyl hy sy teenstand herbevestig teen neo-liberale beleid en monopolie-kapitaal.
# The uMkhonto weSizwe-party veroordeel die eThekwini-munisipaliteit se beurtwater, en noem wanbestuur en verouderde infrastruktuur as die oorsaak. Volgens die party het inwoners te doen met buitensporige rekenings, foutiewe meters en toevoerafsnyding, terwyl hulle daagliks ontwrigte lewens moet verduur. Die MK-party eis onmiddellike, volhoubare optrede, waaronder opgradering van infrastruktuur, regverdige rekeningoudits en die ophef van watertoevoerbeperkings. Hulle maan dat regsoptrede moontlik is as die kwessies voortduur en beklemtoon water is ‘n basiese mensereg.
# Rugby: Die Springbok-sewes het gister op die laaste dag van die Perth-sewes met 14-7 teen Spanje in die uitspeelwedstryd om die derde plek verloor. Die gasheer, Australië, het die Blitsbokke in die halfeind ‘n plek in die eindstryd gekos met ‘n oorwinning in ekstra tyd, waarna Spanje die Blitsbokke getroef het. Argentinië het hul Perth-titel behou deur Australië met 41-5 in die eindstryd te klop. Die Blitsbok-afrigter, Philip Snyman, sê die span se dissipline was swak:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-50-sent teen die dollar, 19-rand-37-sent teen die euro en 22-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-874-dollar. Die prys van goud is twee-duisend-767-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….