Nuus 06:00
BULLETIN 20 Januarie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum
# Israelse gyselaars word vrygelaat as deel van die aanvanklike fase van die skietstilstand in Gaza
# En rugby: Die Haaie is uit die Kampioenebeker
# President Cyril Ramaphosa sal die week die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarvergadering in Davos, Switserland lei. Die tema van die vergadering is: Samewerking in die Intelligente Era. Suid-Afrika neem sy plek by die forum in as die Presidensie van die Groep van 20. Ramaphosa sal die vergadering Dinsdag toespreek, waar hy Afrika se agenda van skuldverligting vir ontwikkelende lande sal bevorder, voordat die land die G20-Leiersberaad later vanjaar aanbied.
# Die Reguleerder van die Privaat Sekerheidsbedryf het ondersoeke van stapel gestuur na bewerings dat sommige sekerheidsverskaffers hulle skuldig maak aan misdaad. Die woordvoerder, Azwifaneli Tshisikamulilo, sê twee voorvalle is aangemeld in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal van sekerheidsverskaffers wat betrokke is by afpersing. Ander maatskappye is glo landwyd ook skuldig. Hy sê PSIRA is besig met voldoeningsoudits op alle sekerheidsdiensverskaffers wat betrek word:
# Die Gautengse polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, veroordeel die indien van vals ontvoeringklagtes in Soshanguve in Tshwane. Die woordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê drie mense is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle voorgegee het daar was ‘n ontvoering sodat hulle ‘n vierde slagoffer, wat ‘n tannie is van een van die sogenaamde ontvoerdes, kon besteel – en vals klagtes oor die ontvoering aanhangig gemaak het. Die verdagtes sal na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van meineed, diefstal en afpersing:
# Die langverwagte skietstilstand tussen Israel en Hamas het gister [Sondag] in Gaza begin, met drie vroulike Israelse gyselaars wat aan die Internasionale Komitee van die Rooikruis oorhandig is. Hulle is Romi Gonen, Doron Steinbrecher en Emily Damari. Hamas sê vir elke gyselaar wat vrygelaat word, sal 30 Palestynse gevangenes uit Israelse tronke vrygelaat word. Die aanvanklike fase van die skietstilstand sal ses weke duur, en behels ‘n beperkte uitruil van gevangenes, die gedeeltelike onttrekking van Israelse troepe uit Gaza, en verhoogde hulpverlening in die gebied.
# Rugby: Bordeaux Bégles het die Haaie met 66-12 afgeransel in hul laaste Kampioenebeker-groepwedstryd in Frankryk. Die Haaie het ‘n voorsprong van 12 punte gehad voordat die tuisspan teruggeveg en teen rustyd met 19-12 voorgeloop het. Damian Penaud het ‘n toernooi-rekord van ses drieë gedruk, en dit het Bordeaux gehelp het om die eerste plek in Groep 1 en ‘n tuisvoordeel in die ronde van 16 in April te verseker. Geen Suid-Afrikaanse span sal in die Kampioenebeker se laaste 16 speel nie, aangesien die Stormers en Bulle ook uit is.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-72-sent teen die dollar, 19-rand-22-sent teen die euro en 22-rand-75-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 100-duisend-131-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-694-dollar-52-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 80-dollar-8-sent per vat.
# En ten slotte: Die Stad Kaapstad sê die popsensasie Robbie Williams en die wêreldberoemde rock-groep Green Day sal saam met ‘n sterbelaaide groep plaaslike kunstenaars op die verhoog wees vir ‘n opwindende musiekervaring oor twee dae. Die stad is in sy noppies oor sy steun vir die tweede uitgawe van Calabash South Africa, wat Woensdag en Donderdag by die Kaapstad-stadion plaasvind. Williams, met ‘n indrukwekkende loopbaan wat ‘n verstommende 80-miljoen albumverkope wêreldwyd asook ‘n ongelooflike 14 nommer een-treffers insluit, is op dag een die voorste kunstenaar. Die Kaapstadse LUR vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, verduidelik wat aanhangers op die twee dae kan verwag:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….