Nuus 06:00
BULLETIN 8 Augustus 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Suid-Afrikaanse Lugdiens Herroepingswetsontwerp word onttrek uit die Parlement
# BOSA kritiseer Ramaphosa omdat hy weier om sy kabinet teen die seksoortrederregister te toets
# En gemengde gevegskuns: Elbert “Pikachu” Steyn maak gereed om MMA-geskiedenis te maak
# Die kabinet het die onttrekking van die South African Airways SOC Limited Herroepingswetsontwerp uit die Parlement se wetgewingprogram goedgekeur. Die wetsontwerp, wat verbind is aan ’n verkoopsooreenkoms wat intussen in duie gestort het, het onuitvoerbaar geword nadat onderhandelinge tussen die staat en privaat vennote misluk het. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die onttrekking was ‘n voorwaarde van die transaksie, en met die beëindiging van die ooreenkoms, het die kabinet geen rede gesien om verder met die wetgewende proses voort te gaan nie:
# Build One South Africa sê die regering ondermyn die stryd teen geslagsgeweld deur te weier dat kabinetministers op die nasionale register vir seksoortreders nagegaan word. Die party het bekend gemaak dat president Cyril Ramaphosa geweier het om te bevestig of enige ministers of adjunkministers op die register verskyn, en tot toekomstige sifting toe te stem. Roger Solomons van BOSA sê alle openbare ampsdraers moet gekeur word voordat hulle hul amp aanvaar en moet aan dieselfde standaarde as gewone werkers voldoen:
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het sy uitvoerende raad herstruktureer ná die verkiesing in Julie van die African Independent Congress-lid, Margaret Arnolds, as die speaker van die raad. Die ANC-raadslid, Loyiso Masuku is aangestel as burgemeesterskomiteelid vir Finansies, ‘n posisie wat Arnolds beklee het. Die raadsweep Sthembiso Zungu sal by Masuku oorneem as burgemeesterskomiteelid vir Groep Korporatiewe en Gedeelde Dienste. Morero sê die aanstellings is belangrik aangesien die metro finansiële bestuur wil versterk, fiskale dissipline handhaaf en inkomste-invordering verbeter om sy inwoners beter te dien.
# Die Hooggeregshof in Pretoria lewer vandag uitspraak oor die laaste rusplek van die gewese Zambiese president, Edgar Lungu. Die Zambiese regering het versoek dat sy liggaam na sy vaderland geneem moet word vir ‘n staatsbegrafnis en teraarde-bestelling in Embassy Park in Lusaka. Die regering betoog sy voordele is wel opgeskort weens politieke ingryping, maar geld nie meer na sy dood nie en hy kan nou ‘n waardige afskeid kry. Lungu se familie dring egter aan op ‘n privaat begrafnisseremonie in Suid-Afrika.
# Gemengde gevegkuns: Elbert “Pikachu” Steyn van Pretoria is gereed om môre geskiedenis te maak wanneer die Professional Fighters-liga Africa in Johannesburg plaasvind. Die veergewig-vegter, wat ‘n onoorwonne 3-0 rekord handhaaf, veg teen Abderrahman Errachidy van Marokko in Carnival City se Big Top-arena. Die geleentheid is die Professional Fighters se tweede toernooi nadat die Kaapstadse vertoning uitverkoop het. Steyn, die enigste Suid-Afrikaner in die toernooi, hoop om die halfeindronde voor ‘n juigende tuisskare te bereik.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-66-sent teen die euro en 23-rand-79-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 117-duisend-375-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-398-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-2-sent per vat.
# En ten slotte: Die tuinboukundige, Richard Arm, het kamelia-liefhebbers aangemoedig om die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes, Kaapstad, te besoek en sy internasionaal-erkende kamelia-tuin te vier. Dit volg na ‘n onlangse suksesvolle geleentheid waar meer as ‘n duisend struike tentoongestel is. Arm sê die landgoed bevat Afrika se enigste “Internasionale Tuin van Uitnemendheid”. Hy het beklemtoon dat die tuin vanaf April tot September ‘n blommeprag is, wat delikate en flambojante kamelia-variëteite ten toon stel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….