Nuus 06:00
BULLETIN 30 September 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA vier 100 dae in die regering van nasionale eenheid
# Die adjunk-polisiekommissaris bevestig deurbrake teen afpersersingsindikate
# En motorsport: Jorge Martin wen die Indonesiese MotoGP
# Die DA-leier, John Steenhuisen sê die party se eerste 100 dae sedert sy aansluiting by die regering van nasionale eenheid het Suid-Afrika se groei en werkskepping aangewakker. Steenhuisen sê deur ekonomiese groei voorop te stel, is die DA se prestasies onder meer ‘n agterstand van die 250-duisend ID’s wat uitgewis is, die bevordering van begrotingshersienings, die konsessies vir hawens, spoorweghervormings en die digitale transformasie by Binnelandse Sake. Hy sê die pogings is om groei aan te spoor, werkloosheid te verminder en doeltreffende regering by alle departemente te verseker.
# Die nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het onthul die polisie het die afgelope twee maande vordering gemaak met optrede teen afpersingsindikate. Sibiya het by die News24-spitsberaad gesê ontvoerings en afpersing het skerp toegeneem, maar word nou bekamp met talle verdagtes wat vervolg word. Hy het aangedui gekoördineerde polisie-optredes is besig om afpersingsbedrywighede landwyd geleidelik te verminder.
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die massamoord in Lusikisiki in die Oos-Kaap waarin 18 mense dood is, veroordeel. ‘n Twee-maande-oue baba het oorleef. Mchunu het bevestig die polisie ondersoek die motief en hy het sy kommer uitgespreek oor die voorkoms van onwettige vuurwapens in gemeenskappe:
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het matrikulante gewaarsku dat kullery in die komende eksamens ernstige gevolge inhou. Kandidate teken ‘n belofte en verbintenis waarin eksamenreëls en -strawwe erken word. Verlede jaar is 22 studente gediskwalifiseer vir die gebruik van skelm notas of selfone. LUR David Maynier sê bedrog kan lei tot die nietigverklaring van uitslae of ‘n verbod op die skryf van daaropvolgende eksamens:
# Israel sê hy het grootskaalse lugaanvalle in Jemen uitgevoer op wat hy bestempel as militêre teikens van die Houthi-terreurregime. ‘n Hawe, wapenpakhuise en ander infrastruktuur is geteiken. Die Iran-gesteunde Houthi’s het missiele en hommeltuie na Israel gelanseer en wêreldhandel deur die Rooisee ontwrig in reaksie op Israel se aanvalle in Gaza. Die aanvalle volg na Israel se aanvalle reg oor Libanon op onder meer Dahieh, Hisbolla se vesting in die suide van Beiroet.
# Motorsport: Jorge Martin van Spanje het sy kampioenskapvoorsprong vergroot deur die Indonesiese Moto Grand Prix te wen. Dit was sy derde oorwinning van die seisoen. Prima Pramac Racing was tweede voor sy mede-Spanjaard, Pedro Acosta, en sy mededinger Francesco Bagnaia was derde. Suid-Afrika se Brad Binder het agtste geëindig vir KTM. Martin het 25 punte verdien met sy aanslag en sy voordeel oor Bagnaia tot 21 uitgebrei. Hy sê dit was ‘n taai wedren:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-9-sent teen die dollar, 19-rand-10-sent teen die euro en 22-rand-88-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-578-dollar-4-sent. Die prys van goud is twee-duisend-663-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 71-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….