Nuus 06:00
BULLETIN 8 Julie 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die minister van Basiese Onderwys waarsku teen die ontwrigting van die derde kwartaal
# Gautrein se diens kan ontwrig word deur die NUMSA-staking
# En nog Demokrate doen ‘n beroep op Biden om te onttrek
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, doen ‘n beroep op belanghebbendes om pogings te verskerp om ‘n bevorderlike omgewing vir onderrig en onderwys in die derde kwartaal te skep. Die skole heropen môre vir die laaste kwartaal voordat leerders hul eindeksamen aflê. Gwarube sê ook, gemeenskappe moet skole ondersteun en nie ontwrig nie, aangesien dit ‘n vernietigende uitwerking op leeruitkomste kan hê:
# Twee senior SABC uitvoerende hoofde is onmiddellik ontslaan vir die verdoeseling van ‘n multimiljoen-rand advertensie-inkomste deel-ooreenkoms met ‘n eksterne diensverskaffer. Woordvoerder Mmoni Seapolelo het die beëindiging van die diens bevestig van die groep-hoofbedryfsbestuurder, Ian Plaatjies, en die groepsbestuurder vir video-vermaak, Merlin Naicker. Hulle is skuldig bevind aan die verdoeseling van ‘n 7,5-persent inkomste-aandeelklousule in ‘n kontrak van 35-miljoen-rand met Discovery Digital. Die SABC-raad het opgetree na aanbevelings in ‘n onafhanklike verslag oor die ontdekking tydens die opstel van die kontrak.
# Gautrein se diens kan vandag ontwrig word deur lede van die vakbond NUMSA wat met ‘n staking oor lone begin. Die vakbond eis van die Bombela-bedryfsmaatskappy wat die diens bedryf, ‘n 13-persent loonverhoging, ‘n 60-persent bydrae tot mediesefondskoste en ‘n behuisingstoelae van twee-duisend-rand per werknemer per maand. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê loongesprekke het vasgeval:
# Nóg Demokrate vra die Amerikaanse president, Joe Biden, om sy herverkiesingspoging te laat vaar. Angie Craig het die vyfde Demokraat in die Kongres geword wat die partyleier openlik gevra het om uit te tree weens kommer oor sy vermoë om oudpresident Donald Trump die stryd aan te sê. Craig en andere, onder wie Lloyd Doggett, Raúl Grijalva, Seth Moulton en Mike Quigley, twyfel of die 81-jarige se veldtog doeltreffend sal wees en bevraagteken sy hantering van debatte. Biden is ondanks die kritiek vasberade om nie handdoek in te gooi nie.
# Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, het sewe veranderings aangebring aan sy span wat môre teen Engeland uitdraf in ‘n moet-wen-wedstryd in die Wêreldrugby Onder 20-kampioenskap in Athlone. Likhona Finca sal sy buiging op regtervleuel maak, terwyl die vaskopstut Herman Lubbe sy eerste Junior Bok-pet van die bank af gaan verdien. Nadat hulle teen Argentinië verloor het, moet die gashere Engeland klop om ‘n kans te staan om die halfeindronde te haal. Slegs die groepswenners en die beste tweede geplaaste span van die groepwedstryde gaan deur.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-17-sent teen die dollar, 19-rand-67-sent teen die euro en 23-rand-27-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 55-duisend-80-dollar-15-sent. Die prys van goud is twee-duisend-387-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 86-dollar-41-sent per vat.
# En ten slotte: Die oudste seun van wyle president en Nobelpryswenner FW de Klerk, Jan de Klerk, is aan ‘n hartaanval oorlede. Hy was een van De Klerk se drie kinders saam met sy eerste vrou, Marike. Die FW de Klerk-stigting sê Jan, ’n boer, was 30 jaar gelede een van die baanbrekers in Suid-Afrika se eerste regering van nasionale eenheid. FW de Klerk is in die ouderdom van 85 aan kanker oorlede.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….