Nuus 06:00
BULLETIN 13 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa verdedig Swart Ekonomiese Bemagtiging en Billike Indiensnemingswette
# Taliep Petersen se moordenaar word op 27 November op parool vrygelaat
# En rugby: Van der Berg vervang Williams in die Bok-groep teen Argentinië
# President Cyril Ramaphosa sê die wette op Swart Ekonomiese Bemagtiging en Billike Indiensneming sal nie herroep word nie. Hy het aan die Nasionale Raad vir Provinsies die belangrikheid van hierdie wette beklemtoon om demografiese en geslagsverteenwoordiging in leierskap te verseker. Volgens hom bevorder hierdie wette gelykheid, kweek bewustheid en bevorder inklusiwiteit, wat noodsaaklik is vir transformerende vordering:
Ramaphosa sê ook infrastruktuurhervorming moet plaaslike regering versterk om Suid-Afrika se belange te dien. Hy sê gefokusde infrastruktuurontwikkelingshervorming sal korrupsie en die staking van projekte verminder. Die president sê daar is ‘n behoefte aan finansiële kundigheid, behoorlike vaardighede en aanspreeklikheid om suksesvolle projekte te verseker, waaronder die ontwikkeling van slimstede:
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die voormalige minister van Staatsondernemings, Pravin Gordhan, is steeds in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Die 75-jarige afgetrede politikus is vroeër vandeesweek in die hospitaal opgeneem. Mbalula, wat Gordhan gister besoek het, sê die mediese span doen alles om hom die beste sorg te gee, en hulle bly hoopvol vir sy herstel. Mbalula het ook diegene veroordeel wat vals nuus oor Gordhan se dood versprei het:
# Die geliefde musiek-ikoon Taliep Petersen se weduwee, Najwa Dirk, sal op 27 November vrygelaat word op parool nadat sy 18 jaar van ‘n vonnis van 28 jaar uitgedien het vir sy moord in 2006. Sy is in 2009 skuldig bevind aan die beplanning van die moord en ‘n fop-rooftog. Die woordvoerder van Korrektiewe Dienste, Singabakho Nxumalo, sê die 63-jarige Dirk was deel van verskeie rehabilitasieprogramme en sal nou aan voor-vrylatingsprogramme moet deelneem. Hy sê Petersen se familie was deel van die paroolverhoorproses en is ingelig oor die besluit van die Paroolraad.
# Die VSA het nuwe sanksies ingestel teen 16 meeloper-amptenare van die president van Venezuela Nicolás Maduro. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die presidensiële verkiesing in Julie belemmer het, en gehelp het met die ingryping ná ‘n verkiesing wat algemeen aanvaar word, gesteel is. Die Nasionale Verkiesingsraad het geen stemtellings gepubliseer wat ‘n Maduro-oorwinning ondersteun nie. Onder diegene wat ingesluit word, is vyf regters van Venezuela se Hooggeregshof, wat die raadsbesluit bekragtig het om Maduro se derde agtereenvolgende ampstermyn toe te ken.
# Rugby: Morné van den Berg is opgeroep as ‘n beseringsvervanging vir Grant Williams vir die Springbokke se voorlaaste Rugby Kampioenskapswedstryd volgende Saterdag teen Argentinië in Santiago. Williams, wat verlede naweek op skrumskakel vir die Bokke opgedraf het teen die All Blacks in Kaapstad, is uit die toergroep gelaat weens ‘n stamp teen die arm. Van den Berg het in Bloemfontein sy debuut teen Portugal gemaak en sy eerste buiging in die groen en goud was verlede maand teen Australië in Perth.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-76-sent teen die dollar, 19-rand-67-sent teen die euro en 23-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 58-duisend-90-dollar-90-sent. Die prys van goud is twee-duisend-556-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 72-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….