Goeienuus 14:00
BULLETIN 20 Maart 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Google South Africa het 2,5-miljard-rand belê en sy heel eerste wolkstreek in Johannesburg bekendgestel. Die nuwe wolkstreek sal Suid-Afrika met Google Cloud se wêreldnetwerk verbind en toegang tot topvlak-dienste vir plaaslike ondernemings verbeter. Die projek sal na verwagting byna 40-miljard-rand by die land se bruto binnelandse produk voeg en teen 2030 meer as 40-duisend werksgeleenthede skep. Google sê hy ondersteun ook nuwe Afrika-ondernemings deur veldtogte soos die Black Founders Fund en Google for Startups Accelerator en help om 4,7-miljard-rand in te samel en meer as twee-duisend-800 werksgeleenthede in Afrika te skep.
# Die organisasie Heartlines reik sy veldtog van 2006, 8 Films, 8 Values, weer digitaal uit. Dit bestaan uit agt uur-lange TV-dramas. Elkeen van die agt prente wat gekies is ondersoek sleutelwaardes soos vergifnis, medelye en selfbeheer. Dit sal oor agt weke op die organisasie se webblad beskikbaar wees. Woordvoerder Lehlohonolo Ramosolo sê die eerste rolprent, wat môre op Menseregtedag beskikbaar sal wees, fokus op genade:
# Die skrywer Makwena Manamela aangekondig dat haar Engelse storieboek vir kinders, Tiseke, nou beskikbaar is in Sepedi, Tshivenda en braille. Dit word gedoen in ‘n poging om geletterdheidsuitdagings in Suid-Afrika te pak het. Tiseke beteken wees vreugdevol en handel oor ‘n sewejarige meisie wie se ouers Suid-Afrikaans en Zimbabwies is. Manamela sê die dogtertjie wil ‘n joernalis word, en haar storie laat lesers toe om haar pad van selfontdekking en -bewondering te ervaar om verstaan en aanvaar te word:
# Vier jong Suid-Afrikaanse innoveerders gaan volgende week meeding op die Beijingse Jeugwetenskap-skeppingskompetisie. Adam Gibbon en Christopher Collier-Reed, beide van Pinelands High School in Kaapstad, ‘n leerder van die Umtata High School, Samiya Waza, en Cady de Koker van die Hoërskool Noord-Kaap het almal beïndruk op Eskom se Ekspo Internasionale Wetenskapskou. Die uitvoerende direkteur van die skou, Parthy Chetty, sê die vier jong leerders se toewyding, vernuwing en passie vir wetenskap het vir hulle dié ongelooflike geleentheid gegee om hulle talent op ‘n internasionale verhoog ten toon te stel.
# En ten slotte: Finland is die agtste agtereenvolgende jaar boaan die Wêreld Gelukkigheidsverslag. Vanjaar se verslag beoordeel 147 lande oor hulle vlakke van gelukkigheid, gegrond op die bevolking se gemiddelde beoordeling van hulle lewensgehalte van 2022 tot 2024. Denemarke is tweede, gevolg deur Ysland, Swede en Nederland. Suid-Afrika is 95ste op die lys. Navorsers het bevind ‘n geloof in die goedhartigheid van ander mense, sowel as om aktief om te gee en te deel met ander, het ‘n sterk uitwerking op geluk.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….