Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Julie
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement begin môre sy tweede chirugie-marathon op Nelson Mandeladag, wat chirurgie in sleutel-spesialisgebiede moet bespoedig. Die LUR, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sal toesig hou by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal, waar meer as 120 operasies beplan word. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die projek is in ooreenstemming met die tema vir Mandeladag om armoede en ongelykheid te bekamp deur gesamentlike optrede:
# Kaapstad se kunstenaars het saamgespan om die gewilde Seepuntse promenade in ‘n opelug-kunsuitstalling te omskep. Die projek, wat deur SJ Artists en die eiendomsontwikkelaar, Blok, begin is, het ten doel om openbare ruimtes met veelkleurige muurskilderye op te tooi. Van die kunstenaars is Mika Revell, Russell Abrahams en Amy-Leigh Braaf. Mense word aangemoedig om op die promenade te stap en op hulle tyd die muurskilderye te bekyk. Daar is ‘n plaatjie by elke werk wat inligting oor die kunstenaars en hulle werk verskaf.
# Die Stad Johannesburg het sy Vaya Smart Lift Club karaoke-kompetisie vir skole van stapel gestuur. Die wenner sal twee-duisend-500-rand kontant en 50-duisend-rand vir die skool ontvang. Die stad se woordvoerder, Virgil James, sê die kompetisie het ten doel om jongmense aan te moedig om slimmer en meer omgewingsvriendelike vervoer te gebruik soos saamryklubs, stap en fietsry:
# Die DA in Limpopo sê die Suid-Afrikaanse tennisster Kgothatso Montjane se oorwinning op Wimbledon sal ander jongmense inspireer, veral vroue, om hulle drome te volg. Montjane en Yui Kamiji van Japan het die vroue rolstoel-dubbelspel gewen, wat hulle derde algehele Grand Slam-titel is. Tiny Chidi van die DA sê Montjane se enigste doel is om mense hoop te gee:
# En ten slotte: Madonna se biografiese fliek is weer op dreef nadat dit in Januarie op die lange baan geskuif is sodat sy op haar wêreldwye Celebration Tour kan fokus. Die nuwe titel is Who’s That Girl, wat verwys na haar 1987-rolprent en liedjie met dieselfde naam. Die aktrise van Inventing Anna, Julia Garner, is volgens berigte steeds die gunsteling om die rol van die pop-ster te vertolk. Florence Pugh, Odessa Young en Alexa Demie het ook oudisies afgelê. Madonna en die skrywer van Secretary, Erin Cressida Wilson, het die draaiboek herskryf.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….