Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 Julie
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Een van die land se eerste universiteitskore wat Westerse klassieke treffers en Afrika-melodieë verweef het, die Nelson Mandela-universiteitskoor, vier vandeesmaand sy dertigste bestaansjaar. Die koor het oor die jare talle hoogtepunte bereik, insluitend om vir oudpresident Nelson Mandela, koningin Elizabeth en emeritus aartsbiskop Desmond Tutu op te tree. Die koor het vroeër vanjaar ook die verhoog met sangers van Suid-Korea gedeel waar hulle die betowering van harmonie en vriendskap deur musiek te toon gestel het. Die koorleier is Robert Gillmer.
# Die Rhodes-universiteit bied ‘n verhoogstuk aan wat gestalte gee aan Suid-Afrika se verlede en hede, getiteld Madam President Evelyn. Thumamna Sibhozo van die Isikhumbuzo Toegepaste Geskiedeniseenheid het ‘n Suid-Afrikaanse satire geskryf om landwyd empatie vir huiswerkers by gehore te koester. Die verhoogstuk bekyk hoe situasies van die verlede vandag sou lyk deur die lig te laat val op diegene wat oor die hoof gesien is. Volgens Sibhozo is die verwysing ‘n huiswerker van Makhanda in die 1980’s wat die oorgang na die nuwe Suid-Afrika beleef het.
# ‘n Ierse organisasie sonder winsbejag, Our Shoes, en die skoolhoof van St Andrews in Bloemfontein, Roland Rudd, het saamgespan om nuwe skoene aan Suid-Afrikaanse kinders te verskaf. Duisende Ierse gesinne skenk effe-gebruikte en voorheen geliefde skoene, om minderbevoorregte kinders te help. Vroeër vanjaar is 20-duisend pare na Kaapstad gestuur. Die projek, gestig deur Ciarán McHugh en Kevin Grant, se doelwit is om binnekort 50-duisend kinders te bereik. Rudd beklemtoon die vreugde en die verandering in kinders wanneer hulle nuwe skoene ontvang.
# Inside Out 2 van Disney en Pixar voor steeds die botoon op die Suid-Koreaanse loket en het sowat 12-miljoen-rand in die derde naweek verdien. Die animasie is die derde grootste treffer wat vanjaar in die land vrygestel is. Dit vaar baie beter as die ingevoerde fliek wat die meeste kykers gelok het, naamlik Wonka. Die riller, Hijack 1971, het die tweede beste by die loket gevaar gevolg deur Handsome Guys derde, A Quiet Place: Day One vierde en Zone of Interest in die vyfde plek.
# En ten slotte: ‘n Italiaanse videospeletjie-tiener sal die Katolieke Kerk se eerste millenniër heilige word nadat sy saak vir heiligverklaring deur kerkowerhede goedgekeur is. Carlo Acutis is in 2006 aan leukemie dood op die ouderdom van 15. Hy was bekend omdat hy sy rekenaarvaardighede gebruik het om bewusmaking oor die Katolieke geloof te versprei, en sy bynaam was God se Beïnvloeder. Carlo word gekoppel aan die genesing van twee kinders nadat daar tot hom gebid is. Sy heiligverklaring sal waarskynlik volgende jaar tydens die Katolieke Kerk se jubileumviering plaasvind.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….