Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 19 Junie
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die Stad Kaapstad sê sy Choose Cape Town-bemarkingsvideo wat silwer gewen het by die internasionale toerisme-fliekfees vir Afrika, sal meer mense aanmoedig om Kaapstad te besoek. Die kortfilm wat in die Toerismevideo-afdeling benoem is, vang Kaapstad se verskeidenheid onder ses temas vas: besoek, leef, werk, studeer, speel en belê. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê Kaapstad voel geëerd oor die erkenning wat die kortfilm ontvang het:
# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê hy het met ‘n herskeppende reis begin en vernuwende oplossings, soos die geestesgesondheidstoepassing WYSA, met merkwaardige sukses en deelname begin toepas. Professor Matete Madiba van die instelling sê met meer as twee-duisend-600 verbruikers tot op hede, is WYSA ʼn doeltreffende instrument om geestesgesondheidsprobleme te hanteer, onderrig hieroor te gee, kennis oor geestesgesondheid te bevorder en individue na die regte hulpbronne ʼn ondersteuningsdienste te verwys:
# Die Universiteit van Suid-Afrika sê vier toerisme-studente is gekies om die universiteit by die kompetisie vir toekomstige leiers uit die Midde-Ooste en Afrika te verteenwoordig. Die toonaangewende geleentheid vind in Januarie 2025 in Dubai plaas en sal die buitengewone talent en vernuwende idees van hierdie toekomstige leiers in toerisme en die gasvryheidsbedryf tentoonstel. Hierdie talentvolle studente van Unisa se Departement van Toegepaste Bestuur is Nompumelelo Mgenge, Priscilla Nkosi, Sibongiseni Nomngcoyiya en Getrude Mutele.
# Padwedlope: Die Johannesburg-afdeling van die Discovery Vitality Run-reeks begin die naweek in Orlando, Soweto. Deelnemers kan vyf kilometer, tien kilometer of ʼn halfmarathon draf en die doel is om ʼn gesonde leefstyl te bevorder. Die reeks wat in 2017 bekendgestel en twee jaar gelede na Soweto uitgebrei is, verwag ʼn toename in deelnemers. Volgens Team Vitality Club se bestuurder, Peteni Kuzwayo, duur die Johannesburg-afdeling van Saterdag tot August en sluit wedlope in by Dieretuinmeer, Randburg, Houghton en Illovo.
En, navorsers het die biologiese merker van Parkinson se Siekte geïdentifiseer waaruit ‘n eenvoudige bloedtoets hopelik ontwikkel kan word om die siekte minstens sewe jaar voor die eerste simptome aan te dui. Wetenskaplikes het agt sleutelproteïne, oftewel merkers, in bloedmonsters van Parkinsons-lyers geïdentifiseer wat algemeen is by mense met die siekte. Kunsmatige intelligensie kan hiervolgens die moontlikheid van Parkinsons aandui. Middels kan lank vóór die eerste simptome teen die siekte geneem word. Meer as tien-miljoen mense wêreldwyd ly aan Parkinsons, en dit is die neurologiese toestand wat wêreldwyd die vinnigste toeneem.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….