Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 11 Junie
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die Springbok-legende Tendai “Beast” Mtawarira sal Sondag aan die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse Stap vir Geregtigheid deelneem. Die geleentheid is deel van die #Action4Inclusion-veldtog van skarefinansiering vir studenteskuld. Die universiteit se woordvoerder, Martin Viljoen, sê die staptog is ‘n bewys van die mag van eenheid, empatie en aksie om verskille te oorbrug en ‘n gemeenskap te skep waarin almal tuis voel:
# ‘n Meestersgraad-student in Kommunikasiekunde aan die Universiteit van Noordwes, Neo Nkhumane, sê haar veldtog, Beyond Borders, is bewys van haar toewyding aan maatskaplike verandering. Die projek fokus op Onderwys en Bewustheid, Bemagtiging, en Vennootskappe en Samewerking. Nkhumane – ‘n semifinalis in vanjaar se Mej Wêreld SA-kompetisie – sê sy verander nie net lewens deur haar veldtog nie, maar stel ‘n goeie voorbeeld vir jong vroue oraloor.
# ‘n Uitstalling van ou Xhosa-tekstiel en -artefakte, Buttons and Bows, open Saterdag in die TerraContemporary-gallery in Pretoria. Dié versameling behoort aan die oud-student en -personeellid van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, Marion Gebhardt, wat sedert die 1980’s oorspronklike etniese kralewerk, kledingstukke en artefakte aangekoop het. Sy sê die uitstalling moet as agtergrond dien om nuwe kreatiewe verkooppunte te skep en mense bewus te maak van tradisies wat vir altyd verlore mag gaan.
# Cruise Cape Town gaan die toerismebedryf in die Wes-kaap ‘n nuwe baadjie gee. Die vennootskap tussen die openbare en privaat sektor is gemik op die ontginning van die potensiaal van Kaapstad en die Wes-Kaap as ‘n voorste bootvaartbestemming. Dit sal die plaaslike ekonomie aanwakker en volhoubare toerisme bevorder en die tafel dek vir die ontdekking van Afrika se omvangryke toerisme-aanbiedings.
# En ten slotte: Musiekliefhebbers kan in die komende maande na ‘n besige en lewendige vermaaklikheidskalender in Suid-Afrika uitsien. Die Italiaanse tenoor Andrea Bocelli en groepe soos Keane en Meduza gaan Mzansi besoek. Die hoof van byeenkomste by iTOO Special Risks, Mamoeti Nosi, sê die konserte sal na verwagting soos ‘n goed-geoliede masjien verloop terwyl dit ook aan die verwagtings van konsertgangers en die kunstenaars sal voldoen:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….