Goeie Nuus
BULLETIN 13 Mei
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê die provinsie is steeds ‘n gesogte bestemming. Toeriste wat per vliegtuig in Kaapstad aankom, het tussen Januarie en Maart vanjaar met 16-persent toegeneem teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, en staan op 336-duisend-268 besoekers. Die Verenigde Koninkryk was in die eerste kwartaal die top- oorsese toeristemark, gevolg deur Duitsland en Amerika. Wenger sê toerisme is ʼn hoeksteen vir die provinsie se strategiese ekonomiese veldtog, Groei vir Werk:
# Eskom Expo sê ‘n groep van ses uitstekende jong wetenskaplikes van Suid-Afrika stel hulle briljantheid ten toon op die wêreld se grootste voor-kollege wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde kompetisie in Los Angeles, Kalifornië. Die uitsonderlike jongmense het die geleentheid om tot Vrydag die land te verteenwoordig op die Renegeron Internasionale Wetenskap en Ingenieurs-tentoonstelling. Alutha Botha, Likitha Chundru, Keamogetse Monna, Zaahid Sader, Nicholas Zhang en Matthew Collier-Reed neem deel na hulle suksesvolle inskrywings op die Eskom Expo Internasionale Wetenskaps-tentoontstelling wat in Oktober verlede jaar gehou is.
# Die Univeristiet van Pretoria sê ‘n Nigeriese doktorsgraad-student, Victory Sumanu, is nou die trotse houer van ‘n doktoraat in Veeartseny-fisiologie. Haar sukses is des te meer merkwaardig as die opdraende stryd wat sy op haar akademiese reis gevoer het, in ag geneem word. Sy het nooit vir veeartsenykunde aansoek gedoen nie, maar die Universiteit van Ahmadu Bello in Nigerië het die kursus aanbeveel. Doktor Sumanu sou in 2020 met haar doktorsgraad begin het, maar kon tot Januarie 2021 nie na Suid-Afrika kom nie weens Covid-19-beperkings.
# Die adjunkminister van Gesondheid, Sibongiseni Dhlomo, sal vandag die departement se Internasionale Verpleegkunigedag-vierings in die Wes-Kaap voortsit. Die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika waarsku die vraag na verpleegpersoneel in die land kan met tot 340-duisend toeneem teen 2030. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die Wes-Kaapse vierings vandag is deel van die landwye verering van verpleegpersoneel en ook om te fokus op hulle uitdagings:
# En, programme soos die BBC One se Happy Valley, The Sixth Commandment en Netflix se Top Boy was die groot wenners by vanjaar se BAFTA TV-toekennings in Londen. Sarah Lancashire is as Beste Aktrise bekroon vir haar vertolking in die laaste reeks van Happy Valley, terwyl die toekenning vir die Beste Akteur aan Timothy Spall gegaan het vir The Sixth Commandment. Die toekenning vir die Beste Dramareeks het aan Toy Boy gegaan. Strictly Come Dancing is as die Beste Vermaaklikheidsprogram bekroon, terwyl Squid Game: The Challenge die toekenning vir die Beste Realiteitsprogram gewen het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….