Goeie Nuus
BULLETIN 2 Mei
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# SA Rugby se direkteur van rugby en afrigter van die Wêreldbeker-wenspan, Rassie Erasmus, is vandag vereer met ‘n eredoktorsgraad in Filosofie van Afrigtingswetenskap aan die Universiteit van Noordwes. Die instelling sê dit gee erkenning aan sy leierskap in die Springbokke se triomfantelike Wêreldbekerveldtogte van 2019 en ’23, sy globale afrigtingsroem en sy toewyding aan verskeidenheid, insluiting en maatskaplike verantwoordelikheid. Erasmus word geloof vir die skep van eenheid en versoening, wat agtergronde en geloof in die land oorsteek.
# ‘n Hoogleraar van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie, professor Alvaro Viljoen, het ‘n groot mylpaal behaal met die publikasie van sy 300ste portuur-geëvalueerde akademiese referaat. Die publikasie verken die veld van medisinale rook, en fokus veral op wilde dagga. TUT sê Viljoen se publikasierekord, tesame met ander prestasies, bevestig sy status as die mees-aangehaalde navorser in die instelling se geskiedenis. Die toekenning onderstreep nie net sy wetenskaplike intelligensie nie, maar beklemtoon ook sy betrokkenheid by die universiteit se akademiese en navorsings-agenda.
# ‘n Voormalige treindrywer, Simbongile Qabaka, het talle uitdagings oorkom om sy eerste universiteitsgraad te verwerf. Hy het in 2018 ‘n beroerte gekry en is heeltemal verlam, twee maande nadat hy vir ‘n Baccalaureus in Sosiale Wetenskappe oor Menslike Vestiging ingeskryf het aan die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap. Die 43-jarige Qabaka het vier maande by ‘n rehabilitasiesentrum deurgebring waar hy weer moes leer praat en loop. Hy het die volgende jaar vir dieselfde kwalifikasie herregistreer, al het hy nie ten volle herstel nie. Hy het geslaag en verlede week sy graad ontvang.
# Durban se StreetLit-projek gaan voort om hawelose mense van die strate te help afhou, terwyl hulle ‘n liefde vir boeke en lees bevorder en versprei. Die projek help mense wat eens haweloos was om boekverkopers te wees. Hulle slaan kraampies op regdeur die stad, van winkelsentrums tot taxistaanplekke, en maak ‘n bestaan uit hul passie vir boeke. Twintig mense, bygestaan deur die Denis Hurley-sentrum, het reeds só boekverkopers geword. Die projek se organiseerder, Illa Thompson, sê die verkopers is almal verbind tot hulle geloof in die krag van letterkunde.
# En, motorsport: Suid-Afrika se voorste motorbestuur- en motorsport-leefstylervaring, die 14de Simola Hillclimb, begin vandag in Knysna in die Suid-Kaap. Ondersteuners sal vanmiddag ‘n wye verskeidenheid klassieke motors in Hedge-straat kan sien. Van môre af is Simola-heuwel vol opwinding wanneer deelnemers aan die Vrydag-klassieke-motorkompetisie begin opwarm, gevolg deur kwalifiserende rondes. Dit sal uitloop op Sondag se klas-eindronde en die opwindende toptien alles-of-niks-wedren om te bepaal wie tot 2024 se Klassieke Koning gekroon word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….