Goeie Nuus
BULLETIN 15 Augustus 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Die bekende jazz-ikone, Jonathan Butler en Themba Mkhize, ontvang vanjaar die Mzantsi Jazz-toekenning vir hul lewenslange bydrae. Vorige ontvangers sluit in Abigail Kubeka, Jonas Gwangwa, Letta Mbulu en Dorothy Masuka. Butler, ‘n Grammy-benoemde sanger en liedjieskrywer, het in Maart ʼn eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch ontvang. Mkhize is ʼn hooggeagte pianis en komponis wat deel was van jazz-groepe soos Sakhile en Bayete. Die negende weergawe van die Mzantsi Jazz-toekennings vind die 30ste in Johannesburg plaas.
# Die Universiteit van Kaapstad het 26 mense vereer wat by die instelling geaffilieer is of was, en in die 2025 Mail & Guardian 200 Young South Africans verskyn het. M&G vereer jaarliks ʼn groep Suid-Afrikaners wat erken word vir hul invloed op en veranderinge aan die werk wat hulle doen. Die mense sluit in Vambo AI se uitvoerende hoof, Chido Dzinotyiwe, die tweede UK-student en stigter van SoWeVote, Thaafir Mustapha, en die president van die Openbare Mondhigiëne-forum, Bulela V
# Die Stad Tshwane verander vandag die akademiese reis van 40 verdienstelike leerders by die Seshegong Secondary School in Olievenhoutbosch deur splinternuwe skootrekenaars aan deelnemers van die Youth to Gemba-program te oorhandig. Die program is ʼn projek wat jongmense van die klaskamer na die hart van regte werksplekke neem. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê die metro wil die digitale skeiding oorbrug:
# SANParke sê die Kruger-wildtuin se geliefde wit leeu, Casper, is veilig en in ‘n goeie toestand ondanks kommer oor sy gesondheid. Daar was gerugte dat Casper, wat in die omgewing om Satara rondloop, miltsiekte het of dat ‘n slang hom dalk gepik het. Reynold Thakhuli van SANParke sê Casper is opgespoor en ondersoek en die twee moontlikhede is uitgesluit. Hy het wel seerplekke bo sy regteroog en in sy bek wat dit laat lyk of ‘n ander leeu hom waarskynlik gebyt het:
# En ten slotte: Bangkok is aangewys as die wêreld se beste stad vir Gen Z in 2025. Dit is volgens ʼn peiling deur Time Out wat mense jonger as 30 betrek het. Van die deelnemers het 84-persent gesê hulle is gelukkig om in Bangkok te bly terwyl 71-persent sê die Thaise hoofstad is begrotings-vriendelik. Melbourne is tweede en plaaslike jongmense gee die Australiese stad se kuns- en kultuurtoneel ʼn hoë punt. Kaapstad spog met die derde plek en het goeie punte behaal wat geluk, skoonheid, opwindende lewenswyse en goedkoop aand-vermaak betref.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….