Goeie Nuus
BULLETIN 14 Augustus 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Die blomseisoen in die Namakwa Nasionale Park in die Noord-Kaap is in volle swang, met helder tapisserieë veldblomme ná ‘n uitstekende reënseisoen. SANParke sê mense moet die die Skilpad-kronkelroete van vyf-kilometer ervaar, met seldsame blomme soos die bittergousblom, Kaapse gousblom, madeliefies, vygies en moringablomme. Natuurliefhebbers kan ‘n asemrowende, kleurvolle ervaring in die hartjie van Namakwaland verwag. Die spitstyd is van middel Augustus tot middel September. Besoekers word aangeraai om op sonnige dae die roetes te verken om die beste vertoning van hierdie natuurskouspel te ervaar.
# Navorsers aan die Universiteit van die Witwatersrand se gestruktureerde lig-laboratorium span lig in om deurbrake in veilige kommunikasie en kwantumtegnologie te bevorder. Die laboratorium se werk fokus op die kruising tussen klassieke optika, kwantumfisika en kunsmatige intelligensie. Professor Andrew Forbes van die Skool vir Fisika sê deur gestruktureerde kwantumlig te gebruik, het hulle ‘n kwantumkamera ontwikkel wat deur lewende weefsel of gekleurde glas kan sien:
Die Universiteit van Pretoria is intussen eerste in Suid-Afrika en tweede in Afrika met navorsing oor kunsmatige intelligensie. Dis volgens die jongste ranglys vir instellings vir hoër onderwys wat deur EduRank uitgegee is. Die ontleding is gegrond op meer as 61-duisend-200 akademiese artikels en 969-duisend aanhalings deur 24 Suid-Afrikaanse universiteite. Professor Sunil Maharaj van die universiteit sê die prestasie bevestig die instelling se rol as leier om invloedryke, etiese en toepaslike KI-tegnologieë te ontwikkel.
# Kaapstad se beginpunt vir sport op ‘n hoë vlak, Connect Academy, het die afgelope maand verskeie prestasies behaal. Vier van die akademie se spelers is in provinsiale Curriebekerspanne opgeneem. Die Connect-kettinggroep het ook geskiedenis gemaak deur saam met Edwin Doran Sports Tours die grootste skolesportgeleentheid tot dusver in die Moederstad aan te bied. Die uitvoerende hoof en stigter, Murray Ingram, sê die afgelope maand was ‘n viering van moontlikhede:
# En ten slotte: President Donald Trump van Amerika het bekendgemaak dat die Hollywood-ikoon Sylvester Stallone, die rock-groep KISS en die country-sanger en liedjieskrywer George Strait onder dié is wat vanjaar deur die Kennedy-sentrum vereer word. Ander bekendes sluit in die Britse akteur en komediant Michael Crawford en die plaaslike sangeres Gloria Gaynor. Trump verbreek tradisie deur later vanjaar self die 48ste geleentheid aan te bied en te vervaardig. Hy sê hy kan nie wag om die ontvangers van een van die land se hoogste eerbewyse vir kunstenaars te ontmoet nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….