Goeie Nuus
BULLETIN 11 Junie 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Die Suid-Afrikaanse wynmaker Johan Jordaan van die wynlandgoed Spier naby Stellenbosch is gekroon as 2025 se Globale Chenin Blanc-meesterwynmaker op die Meester-wynmaker 100-toekennings in Parys. Hierdie eer volg nadat twee van Spier Chenin Blancs meester-goue medaljes ingepalm het. Die erkenning dra by tot die groeiende aansien van Suid-Afrika vir die vervaardiging van wêreldklaswyne op die wêreldverhoog. Jordaan het die spanpoging geloof en die praktiese aard van werk met chenin geprys.
# ‘n Senior dosent aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, Bernard Coetzee, het erkenning gekry as deel van The Explorers Club 50’s se Klas van 2025. Die klub is in1904 gestig en sê die groep van 50 ontdekkers verander die wêreld deur noodsaaklike werk in hulle gemeenskappe en wêreldwyd om wetenskap en ontdekking te bevorder. Coetzee sê die mensdom en bioverskeidenheid se lot is nou verweef en behoort almal se aandag te trek en nie net dié van bewaringsbewustes en ontdekkers nie.
# Twee finalejaar-Argitektuur-studente aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het die nasionale St-Gobain-argitekstuurstudentkompetisie gewen. Damian Ciaglia en Dineo Mogane se projek, Re:Light, is ʼn volhoubare ontwerp wat lig, hout en plaaslike erfenis integreer om ʼn energieke gemeenskapsentrum te skep. Ciaglia en Mogane verteenwoordig Suid-Afrika volgende week op die internasionale St-Gobain-argitekstuurstudent-kompetisie in Frankryk. Dis die derde agtereenvolgende jaar dat TUT-studente aan die kompetisie deelneem.
# Lebo’s Backpackers en Toura Travel Therapy het saamgespan om die Soweto-kunsroete in Johannesburg aan te bied. Dis ʼn reis deur die township se energieke kultuur en geskiedenis. Die toer verweef storievertel met besoeke aan galerye, muurskilderye en kunstenaar-ateljees. Dit sluit besoeke in aan die beroemde muurskildery van 1976 se Soweto-opstand en die eens ikoniese Eyethu-teater, die eerste rolprentteater in swart besit in Soweto. Hierdie kreatiewe projek vertoon Soweto se ryke erfenis in skilderdoek, mosaïek en muurskildery en bied ʼn onvergeetlike kulturele ervaring.
# En ten slotte: Uber gaan volgende jaar selfbestuur-taxi’s in Londen bekendstel wanneer Engeland nuwe bestuurderlose dienste toets. Tydens die Uber-toetsprojek sal dienste aanvanklik ‘n mens in die bestuurdersitplek hê wat in ‘n noodgeval beheer oor die voertuig kan neem, maar die toetse sal uiteindelik bestuurders uitskakel. Die aankondiging deur die regering sal maatskappye soos Uber die eerste keer toelaat word om kommersiële bestuurderlose dienste sonder menslike teenwoordigheid in Brittanje te toets. Dit sal taxi’s en bus-verwante dienste insluit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….