Goeie Nuus
BULLETIN 11 Maart 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Die Ungasali jaarlike Storievertelfees in Pretoria het deelname vir vanjaar uitgebrei na G20-lande. Die tema is: Youth Echoes: Shaping Global Futures Through Stories. Die fees, wat tradisionele en moderne storievertel saamvoeg met musiek- en teatervertonings, word Saterdag in Vryheidspark gehou. Die park se uitvoerende hoof, Jane Mufamadi, het aan die SABC gesê die fees is belangrik vir die bevordering van erfenis en maatskaplike samehorigheid:
# Die Nelson Mandela Universiteit vier Donderdag die afgelope 20-jaar se werk van die Oos-Kaapse boorling, die rolprentvervaardiger en aktivis vir die regte van gestremdes, Shelley Barry. Sy is die stigter en direkteur van Twospinningwheels, ‘n produksiemaatskappy wat fokus op die ontdekking van nuwe rolprent-tale en om gemarginaliseerde stemme toegang tot rolprentvervaardiging te gee. Die universiteit sê as sterk kampvegter vir onafhanklike produksiemaatskappye, beklemtoon Barry dat storievertel oor meer gaan as winsgedrewe motiewe of loket-neigings.
# Die splinternuwe Boundless Soweto Campus is daarop gemik om werklose jeugdiges te bemagtig met internasionaal-erkende kunsmatige intelligensie en vaardighede vir die vierde nywerheidsrevolusie. Die Boundless Group befonds hierdie moderne digitale tegnologie-onderwyssentrum. Die groep bestaan uit vier ondernemings wat aandag wil skenk aan die maatskaplik-ekonomiese uitdagings in Suid-Afrika. Die groep se besturende direkteur, Sipho Claassen, het aan Newzroom Afrika gesê dit is belangrik om jongmense toe te rus met die nodige vaardighede om in ‘n digitale ekonomie te kan floreer:
# Die redery Qatar Airways versterk globale verbintenis met bykomende vlugte na sleutelbestemmings om die wêreld, wat insluit Afrika, Asië, Europe en die Midde-Ooste. Weeklikse vlugte van Maputo na Durban word verhoog van vyf na sewe, terwyl Dar-es-Salaam na Kilimanjaro opskuif van drie na sewe. Qatar, wat in 2024 aangewys is as die wêreld se beste lugredery, sal ook weeklikse vlugte na die Heathrow-lughawe in Londen, Amsterdam, Madrid en Damaskus vermeerder.
# En die Grammy-bekroonde kletsrymer Doechii is aangewys as Billboard se 2025 Vrou van die Jaar. Vorige wenners sluit in Madonna, Lady Gaga, Taylor Swift, SZA en Billie Eilish. Doechii het in Januarie haar heel eerste Grammy gewen vir haar 2024-album, Alligator Bites Never Heal. Doechii se gewildheid het die hoogte ingeskiet met haar treffers, No Scrubs en Denial is a River. Die 26-jarige kletsrymer word die einde van die maand vereer op die jaarlikse Billboard Women in Music-geleentheid in Kalifornië.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….