Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 13 Februarie
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die Verenigde Nasies-agentskap UNESCO vier vandag Wêreldradiodag en gee erkenning aan radio se eeue-lange rol as ‘n betroubare bron van wêreldwye feitelike inligting. Die VN het in 2012 Wêreldradiodag ingestel om radio en sy bydraes tot internasionale doelwitte te vier, insluitend bewusmaking van klimaatsverandering ingevolge die Paryse Ooreenkoms. UNESCO sê radio bly ‘n standvastige platform wat mense wêreldwyd verbind te midde van voortdurende tegnologiese vooruitgang.
# Die publiek kan nou vir hulle geliefkoosde eet-en-drinkplek stem in 2025 se Suid-Afrikaanse Restaurant-toekennings. Dit gee erkenning aan restaurante, kroeë en beroepslui in die bedryf wat buitengewone uitnemendheid en vernuwing getoon het op die land se dinamiese kulinêre toneel. Benoemdes vir beste restaurant sluit in Nobu in Kaapstad, The Chefs’ Table in Durban en Settebello in Johannesburg. Benoemdes vir beste sjef sluit in Callan Austin, James Gaag en Wandile Mabaso. Mense kan tot 30 Maart stem en wenners word in April aangekondig.
# Retina SA maak gereed om die naweek sy 36ste Ride for Sight-fietswedren aan te bied. Die geleentheid in Boksburg se stadstadion in Gauteng ondersteun siggestremde Suid-Afrikaners. Die organisasie beywer hom vir beter behandeling en ondersteun mense met swak sig deur middel van onderwys, opleiding en berading. Die wedren bied geleentheid om beter sig te bevorder en seker te maak alle landsburgers het toegang tot die sorg wat hulle nodig het.
# Die Universiteit van Pretoria het saam met die Hongkongse Politegniese Universiteit gewerk om die Jeug KI-voorwerpherkenning Programmeringswerkswinkel en Leervertoonvenster tot stand te bring. Dit is ontwerp om die bewustheid onder 107 plaaslike studente te verhoog oor die uitdagings wat deur inligting en digitale onderskeid gestel word, en wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskundige geletterdheid te bevorder. Tuks het onlangs studente van Hongkong ontvang om plaaslike hoërskoolleerders te leer hoe om kunsmatige intelligensie te gebruik om oplossings vir werklike probleme te skep.
# En ten slotte: Kunstenaars soos Mariah Carey, Cyndi Lauper, Oasis en New Order, is onder die 14 benoemdes vir 2025 se opname in die Rock & Roll-heldesaal. Agt van die bekendes, insluitend Chubby Checker en Billy Idol, is die eerste keer benoem. Kunstenaars kom eers in aanmerking vir benoeming 25 jaar nadat hulle hulle eerste kommersiële opname gemaak het. ‘n Internasionale paneel bestaande uit meer as een-duisend-200 kunstenaars, geskiedkundiges en rolspelers in die musiekbedryf kies dan die wenner. Ondersteuners kan ook aanlyn vir hul gunstelinge stem.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….