Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 Januarie
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die Polisiediens se Liefdadigheidsgholfdag het meer as elf-miljoen-rand ingesamel vir die SAPD se Onderwystrust, wat kinders steun van beamptes wat aan diens dood is. SAPSET het sedert 2010 meer as een-duisend-700 kinders bygestaan, met 54 wat gradueer het en 146 wat matriek geslaag het. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die leierskap van die diens beklemtoon die rol van die program in die bemagtiging van jong Suid-Afrikaners deur onderwys en die aanmoedig van akademiese prestasie:
# Die Universiteit van Johannesburg sê hy maak vordering om hindernisse af te breek en studente te bemagtig wat dit die nodigste het. Die universiteit het onlangs met die kleinhandelreus, SPAR, saamgespan om een-duisend pakkies sanitêre doeke aan studente uit minderbevoorregte agtergrond te skenk. Die skenking is verdeel tussen UJ se Sentrum vir Studentegesondheid en Welstand en UJ Sport. Woordvoerder Molimi Geya sê hierdie bydrae is nie net ‘n skenking nie; dit is ‘n belegging in die welstand en toekoms van studente en die breër gemeenskap.
# Die Universiteit van Pretoria se Departement Statistiek en die Verenigde Nasies se vrywilliger-organisasie het die wêreld se eerste aanwyser vir vrywilligers ontwikkel. Die Universiteit van Northumbria sal aan die hoof staan van die navorsing, skryf- en ontledingswerk onder die sambreel van sy sentrum vir Globale Ontwikkeling. Die UP sal ‘n raamwerk ontwikkel vir ‘n wêreldwye globale vrywilliger-aanwyser. Die instelling sê die projek sal hom as ‘n internasionale leier vestig om die voorste navorsing oor uitnemendheid in statistieke wetenskap in die vrywilligersomgewing en praktyk te omskep.
# Die 34-jarige Japannees, Yuji “Gump” Suzuki, het ‘n reis van sesduisend kilometer van Kenia na Suid-Afrika te voet voltooi terwyl hy ʼn riksja trek. Hy het in Julie verlede jaar weggespring en deur Tanzanië, Zambië, Botswana en Namibië gereis. Suzuki, wat bekend is vir sy wêreldwye trektogte, het al reise van China na Indië, deur Europa en die Verenigde State aangepak. ʼn Emosionele Suzuki het aan die einde van sy reis almal bedank wat hom tydens sy tog ondersteun het.
# En ten slotte: Mel Gibson se eerste fliek as regisseur sedert 2016, Flight Risk, beklee die eeste plek by die loket nadat dit dié naweek in teaters in Noord-Amerika uitgereik is. Die aksie-riller met Mark Wahlberg in die hoofrol handel oor ‘n vlieënier wat ‘n senior Lugmagoffisier en ‘n getuie na ‘n verhoor vervoer. In die tweede plek is Mufasa: the Lion King, van Disney. Sony se R-gegradeerde vriendskapskomedie, One of them Days, het teruggesak na derde plek, gevolg deur Paramount se Sonic the Hedgehog 3 en nóg ‘n Disney-fliek, Moana 2.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….