Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 November
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# ‘n Dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand, Shannon Conradie, is aangewys as die ontvanger van die Jennifer Ward Oppenheimer-navorsingsbeurs, wat ongeveer 2,6-miljoen-rand beloop. Ward se navorsing maak gebruik van scenario-modelle om veranderings in die gedrag van woestynvoëls te begryp en te voorspel te midde van hul reaksie op die wêreldwye temperatuurverandering. Ward sê die maksimum lugtemperatuur sal in sekere woestyngebiede met tot vyf grade Celsius styg, wat ver bo die verdraagsaamheidsvlak van woestynvoëls is.
# ‘n Professor van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Departement van Gasvryheidbestuur, Joseph Roberson, is vir akademiese uitmuntendheid vereer tydens die instelling se jaarlikse toekenningseremonie. Hy het die toekenning vir die instelling se Dosent van die Jaar, asook Dosent van die Jaar van die Fakulteit Bestuurswetenskappe ontvang. TUT sê Roberson het sedert die begin van sy reis as dosent in Augustus 1991, sy pogings en tyd gebruik om studente te help om hul potensiaal te bereik en hulle toe te rus om die immer veranderende landskap van die gasvryheidsbedryf te hanteer.
# Wêreld Kinderdag word vandag herdenk en die DO MORE FOUNDATION se 2024 Impakverslag het van sy mylpaalprestasies uitgelig. Jessica Ronaasen van die organisasie sê die stigting het in agt gemeenskappe in Suid-Afrika 526 Vroeë Kinderontwikkelingsentrums ondersteun. Die stigting het een-duisend-260 werkers in Vroeë Kinderontwikkelingsentrums bemagtig om te verseker die 20-duisend-929 jong kinders in hul sorg ontvang gehaltevoeding en vroeë leerwerk met ondersteunende versorgers:
# Die gewilde Burgemeester se Kunsmark keer volgende week terug na die Kaapstadse burgersentrum. Die mark bied aan geregistreerde verkopers ʼn gratis geleentheid om hul produkte te verkoop. Meer as 40 handelaars sal tydens die drie dae hul ware vertoon en verkoop. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Theresa Uys, sê die mark se uitwerking op die plaaslike ekonomie het sedert die eerste een in September 2010 ʼn positiewe gevolg gehad:
# En ten slotte: Die Bouchardon-borsbeeld wat vroeg in die 18de eeu deur die Franse beeldhouer Edmé Bouchardon geskep is, kan in ‘n private transaksie vir meer as 578-miljoen-rand verkoop word. Die borsbeeld is van die Skotse grondbaron en politikus John Gordon. Die dorpsraad van Invergordon in Skotland het die beeld teen ongeveer 1930 gekoop, waarna dit verlê is. Dit is in 1998 weer gevind waar dit in ‘n nywerheidspark gebruik is om ‘n deur oop te hou. Die marmerbeeld is tot onlangs aan die Louvre in Parys en die Getty-museum in Los Angeles geleen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….