Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 6 November
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# ActionSA sê hy vier die veerkragtigheid, krag en bydraes van mense met gestremdhede in die land. November is Nasionale Gestremdheidsregte-bewustheidsmaand. Sowat 3,3-miljoen mense in Suid-Afrika leef met gestremdheid. Khomo Mashala van ActionSA sê die erkenning en insluiting van gestremdheidskwessies in die hoofstroom-dialoog is nie net normaalweg gebiedend nie, dit is noodsaaklik vir die skep van ‘n billike en regverdige samelewing:
# Gabrielle Nthabiseng Mudiwa van die Universiteit van die Witwatersrand is die eerste ontvanger van die Achmat Dangorprys vir Letterkunde. Dit is vanjaar die eerste keer toegeken en vier die nalatenskap van Achmat Dangor, ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer en aktivis. Die 28-jarige skrywer voltooi tans ‘n honneursgraad in Afrika-letterkunde en Skeppende Skryfwerk. Wits sê Mudiwa se werk het uitgetroon bo byna 40 aansoeke weens haar unieke verhaaltrant en beheer oor die taal wat temas van herinnering vasvat.
# Die Afrika-ooginstituut het saamgewerk met die Domino-stigting om die sig te verbeter van honderde skoolkinders in ondergedienste gemeenskappe in KwaZulu-Natal. Die instituut het met sy Een Skool op ‘n Slag-veldtog tot 366 leerders se sig getoets en 78 het ‘n nuwe bril gekry terwyl 138 verwys is vir verdere ondersoeke. Die instituut sê deur iets te doen aan siggestremdheid, word die leervermoë en ontwikkeling van leerders verbeter, hulle raak meer betrokke en inligting word doeltreffend ingeneem.
# Die My Kaapstadmark is terug en handelaars uit alle dele van die metro word aangemoedig om in Desember aan te sluit by dié ikoniese somergeleentheid. Die mark bied iets vir almal, met bedrywighede vir families en vriende, waaronder kunstenaars wat optree en internetspeletjie-ondervindings. Stalletjiehouers moet voor 12-uur op die 20ste November aansoek doen. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die mark is die perfekte geleentheid vir kleinsakemense en skeppers om uit te reik na nuwe klante:
# En ten slotte: Lionsgate het aangekondig sy rolprent oor die lewe van Michael Jackson, met die titel Michael, sal op 3 Oktober 2025 in teaters wees. Die titelrol word vertolk deur Jaafar Jackson, wat ‘n neef is van die ontslape popsuperster. Die bio-rolprent se regisseur is Antoine Fuqua en ander rolle word vertolk deur onder meer Nia Long, Laura Harrier, Miles Teller en Colman Domingo. Dit sal 30 liedjies bevat en sal fliekvlooie ‘n kykie gee in die lewe van die mees skeppende kunstenaar wat ooit gelewe het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….