Goeie Nuus
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 November
Goeiemiddag. Hier is jou Goeie Nuus:
# Die organisasie sonder winsbejag, Outside the Bowl Africa, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om by sy Million Meals-veldtog aan te sluit. Die veldtog is gemik op die verskaffing van een miljoen maaltye aan kwesbare kinders oral in die land. ‘n Skenking van 150-rand kan 20 kinders voed en ‘n regstreekse uitwerking hê. Die uitvoerende direkteur van die organisasie, Loren Erasmus, sê in samewerking met die Feed the Nation-stigting en ondersteuning van skenkers kan hulle verseker dat nie een kind honger ly nie. Die veldtog eindig in die eerste week van Desember.
# Die Universiteit van die Witwatersrand se professor Garth Stevens is vereer met ‘n gesogte prestasie-toekenning van die Suid-Afrikaanse Sielkunde-vereniging vir sy lewenslange bydrae. Dit is uit erkenning vir sy toewyding aan sielkunde in die land. Lede van die vereniging het Stevens as lojaal, konsekwent en hardwerkend beskryf. Hy sluit hom aan by ‘n lys van roemryke ontvangers wat die toekenning in die verlede , insluitend professore Chabani Manganyi, Saths Cooper, Cheryl de la Rey en Norman Duncan.
# Die Britse polisie het ‘n 63-jarige man in hegtenis geneem in verband met die diefstal van 22 ton kaas. Hy word ondersoek vir bedrog en die hantering van gesteelde goedere. Die kaas is verlede week by Neal’s Yard Dairy in Southwark in die suide van Londen gesteel. Die maatskappy sê hy het cheddar in kaasdoe ter waarde van byna sewe-miljoen-rand verloor,, toe ‘n bedrieglike koper homself as ‘n groothandel-verspreider vir ‘n groot Franse kleinhandelaar voorgedoen het. Die drie soorte fynproewerskaas wat gesteel is, het talle toekennings ontvang en is van die gesogste in Brittanje.
# Die Lego-groep ontwikkel drie lewendige-aksie flieks vir Universal Pictures. Die regisseurs Jake Kasdan, Patty Jenkins en Joe Cornish is vir die projekte gekies. Die Lego-handelsmerk se uitbreiding na rolprente het in 2014 by Warner Bros Entertainment begin met The Lego Movie, wat ontwikkel het in ‘n franchise van 17-miljard-rand. Dit sluit toekomstige titels, The Lego Batman Movie en The Lego Ninjago Movie, in. Universal se Focus Features het onlangs met Lego saamgewerk aan Pharrell Williams se biografiese film, Piece by Piece.
# En, dit is vandag 50 jaar sedert die Japannese handelswaremaatskappy, Sanrio, die eerste weergawe van Hello Kitty bekendgestel het. Dis ontwerp met ʼn gesig sonder ʼn mond, ʼn ovaalvormige neus en kenmerkende rooi strik. Sanrio sê hierdie eienskappe is steeds wat mense na Hello Kitty aantrek en haar ʼn skoon lei maak waarop mense hul emosies kan projekteer. Hello Kitty is vandag een van die winsgewendste media-franchises in die wêreld en maak sowat 1,4-duisend-miljard-rand. Sy ding mee met franchises soos Winnie-the-Pooh, Pokémon en Star Wars.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….