Goeie Nuus
BULLETIN 22 Maart 2 nm
Goeiemiddag, hier is jou Goeie Nuus:
# Skrywers word aangemoedig om die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika te help om sy leesversameling uit te berei terwyl Biblioteekweek tot ‘n einde kom. Die biblioteek in Pretoria-Sentraal is die tuiste van die enigste ontsurings-laboratorium in Afrika. Dit huisves ook van die land se belangrikste geskiedkundige dokumente en verwerk elke jaar meer as 28-duisend stukke nuwe letterkunde wat wettig gesertifiseer moet word. Die biblioteek se woordvoerder, Jolene Bhadais, sê mense moet meer geskiedkundige werke skenk vir toekomstige geslagte.
# ‘n Oudmisdadiger, Tsiane Phaked het ‘n program, #Hashtag Operation Lukisa Sgela, begin om leerders te help om ‘n lewe van misdaad te vermy. Hy besoek skole in Mamelodi in Pretoria en bespreek onderwerpe soos dwelmmisbruik, boelie-gedrag en die gevare van vuurwapens met leerders. Phakedi werk saam met die polisie, Korrektiewe Dienste, tronkbewaarders en die gemeenskapspolisieforum. Hy sê hy wil leerders help om die regte lewensbesluite te neem.
# Die Wes-Kaapse regering gaan meer as 315-miljoen-rand in die 2024/25-mediumtermyn-bestedingsraamwerk gebruik om dwelmmisbruik te bekamp. Die party se provinsiale woordvoerder vir Maatskaplike Ontwikkeling, Conrad Poole, sê hulpbronne sal gebruik word vir voorkoming, ingryping en rehabilitasie. Hy sê dienste wat vroeg ingryp, sal 12-duisend-930 gebruikers bereik en drie-duisend-951 sal nasorg ontvang. Poole sê dienste vir binnepasiënte sal 360 gebruikers kan help met 498 gesubsidieerde beddens wat voorsien word:
# Die fietsryers Marinda Pretorius en Ernst Stipp vertrek vandag op ʼn reis van meer as ‘n duisend kilometer van Johannesburg na Blouberg in Limpopo om geld in te samel vir Guild Cottage. Dit is ʼn tehuis vir 18 jong meisies wat gered is uit huise waar hulle mishandel en seksueel aangerand is. Die twee beplan om elke dag sowat 250 kilometer af te lê en hoop om op die tweede van volgende maand in Blouberg aan te kom. Nog voordat hulle met hulle epiese tog begin het, het Pretorius en Stipp reeds meer as tien-duisend-rand ingesamel.
# En, laastens: Twee brandbestryders van Kaapstad, Jermaine Carelse en Renaldo Duncan, sal volgende maand weer aan die Twee Oseane-halfmarathon deelneem. Hulle wil in hulle volle brandbestrydingsmondering die roete in minder as drie-en-‘n-halfuur voltooi. Hulle gaan vanjaar ook hulle asemhalingstoestel van tien kilogram saamdra. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die twee het verlede jaar 181-duisend-rand vir die Vrywilliger-veldbranddiens ingesamel:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….